Hupstoot vir redding, rehabilitasie van diere
Yolanda Nel - The ARK Rescue & Rehabilitation op Omaruru huisves tans 66 honde en katte.
Die stigter, Ali Ryan, hoop om ’n impak te maak in die lewens van die diere wat oor haar pad kom. Sy kom oorspronklik van die Verenigde Koninkryk (VK) af en het die dringende behoefte aan hulp vir honde en katte in hierdie gebied raakgesien. Hierdie besef het gelei tot die stigting van The ARK, ’n veilige hawe vir die redding en rehabilitasie van diere in nood.
“Die stres om siek diere te versorg en om gevalle van verwaarlosing te takel, was geweldig,” het sy gesê en bygevoeg jy weet nooit wanneer die volgende oproep sal kom nie.
Ali verduidelik die aannemingsproses behels ’n aansoek, huisinspeksie en ’n aannemingsfooi. “Die fooi dek noodsaaklike veeartsenykundige dienste soos inentings, sterilisasie, kastrasie en parasietbehandeling.”
Hulle het wel planne om na ’n groter perseel te trek, aangesien die huidige fasiliteit geen kragdienste bied nie. “Die nuwe perseel sal verbeterde lewensomstandighede vir die diere bied, maar bykomende fondse is nodig om bouwerk te voltooi.”
Ali erken daar is uitdagings om nuwe huise vir sekere diere te vind, maar The ARK bly toegewyd daartoe om stigmas te verbreek en elke dier in ’n liefdevolle huis te plaas.
Deur die Give Hope-liefdadigheidsprojek het Namibia Media Holdings (NMH) en sy program Smell the Coffee 10 kg se bevrore hoender aan die organisasie geskenk. Skenkings is ook van PG Glass en die Dierehospitaal ontvang.
Diegene wat belangstel om The ARK te ondersteun, kan hul Facebookblad besoek of vir Ali by 081 737 5675 kontak.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie