Imago Dei sorg vir ’n bord kos

Henriette Lamprecht
Imago Dei het ’n voedingskema vir skoolkinders vanaf Augustus verlede jaar bestuur met voedingsprogramme en sopkombuise waartydens meer as 1 700 kinders in vyf streke ’n bord kos gekry het.

Bank Windhoek het N$252 000 aan Imago Dei vir welsyn en armoedeverligting geskenk. Die voedingskema is suksesvol in skole implementeer deur ’n span vrywilligers, leerlinge en onderwysers wat gehelp het met die voorbereiding en bediening van die maaltye. Imago Dei kon danksy die programme ’n gesonde maaltyd aan kinders in die Khomas-, Erongo-, Hardap-, Otjozondjupa-, en Omahekestreek voorsien.

Die skema het oor meer as ses maande gestrek, met die span wat die bestanddele aangekoop en die maaltye voorberei het vir kinders in arm gemeenskappe. Maaltye is by of baie naby aan primêre skole bedien om te verseker dat dit toeganklik was vir diegene wat dit die nodigste het. Afhangend van hul bestaande sopkombuise of skooltuine het kinders weekliks tot vyf maaltye gekry.

Bank Windhoek se hoof van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en borgskappe, Bronwyn Moody, sê die bank besef die impak van wanvoeding op kinders se ontwikkeling en hul vermoë om te oorleef en te floreer.

“Ons bly daartoe verbind om ons ondersteuning binne ons gemeenskappe uit te brei deur programme soos dié wat ons help om ’n volhoubare toekoms te skep,” het sy gesê.

Imago Dei se projekkoördineerder, Millinda Coffee, het op haar beurt beklemtoon elke bietjie finansiering is noodsaaklik vir skole om voort te gaan om voedsame maaltye aan kinders te verskaf. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!