Inheemse kennis onder vergrootglas
Namibië, SA bespreek konsepbeleid
Inheemse kennis moet benut word terwyl die houers van hierdie kennis ook beskerm moet word.
Inheemse kennisstelsels vorm ’n belangrike deel van kulturele erfenis en identiteit.
Dit volgens die uitvoerende hoof van die Nasionale Raad vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie (NCRST), prof. Anicia Peters.
“Dit behels kennis, praktyk, en gelowe wat oor ’n tydperk ontwikkel is en van nageslag tot nageslag oorgedra word. Hierdie kennis het diep wortels in ons tradisies en gebruike en is ’n bron van veerkragtigheid, innovasie en kreatiwiteit,” sê sy.
Peters het dié opmerking Dinsdag by die Windhoek Buitekluboord gedurende die opening van ’n slypskool gemaak wat deur Suid-Afrika se departement van wetenskap en innovasie aangebied is.
Kenners en wetenskaplikes het vergader om Namibië se nasionale konsepbeleid oor inheemse kennisstelsels te bespreek.
Insette is gelewer oor die beleid op inheemse kennisstelsels wat al in 2016 aangeneem is en vanaf 2018 tot 2023 toegepas sou word. Die Covid-19-pandemie het egter dié planne belemmer.
Volgens Peters het die byeenkoms die middelpunt tussen inheemse kennis en onderwys, wetenskap en tegnologie bespreek.
“Ons sal die beste praktyk om inheemse kennis in Namibië te bewaar, te bevorder en te ontwikkel, ondersoek,” het sy gesê.
Namens die ministerie van hoër onderwys, opleiding en innovasie het dr. Lisho Mundia, direkteur vir navorsing en innovasie, ’n voorlegging gedoen.
Sy sê: “Hierdie kennis is belangrik vir die deelname van inheemse mense aan die bewaring en instandhouding van inheemse woude, benewens die gereelde gebruik van hierdie hulpbronne in die behandeling van algemene kwale en siektes.”
Lovisa Immanuel, NCRST se algemene bestuurder vir innovasie en tegnologie-ontwikkeling, het die doelwitte van die slypskool uiteengesit.
Hilya Shikongo van die NCRST het ’n oorsig van die konsepbeleid en -raamwerk gegee, en Henry Ndengejeho het meer inligting gedeel oor toegang tot die kennis en die verspreiding van voordele wat daaruit voortspruit.
Onesmus Joseph het namens die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) uitgebrei oor hoe die nasionale beleid op intellektuele eiendom op inheemse kennis van toepassing is.
Ander kenners wat voorleggings gedoen het, sluit in Paulus Mungeyi, NCRST se biotegnologie-bestuurder, Kedi Aphane, adjunkdirekteur van inligtingbestuurstelsels vir die Suid-Afrikaanse regering, Shumi Pango, Suid-Afrika se adjunkdirekteur vir beleidsontwikkeling vir wetenskap en tegnologie, en Brian Mudumbi, senior wetenskaplike by die NCRST.
NCRST het ’n aksieplan vir die toepassing van die konsepbeleid voorgelê en dit is ontleed met die klem om struikelblokke te identifiseer en hoe om dit in pas te bring met Namibië se doelwitte om inheemse kennis te bevorder.
Namibië wil inheemse kennis in die land bewaar, bevorder en toepas op so ’n manier waar die houers van inheemse kennis en hul gemeenskappe daaruit kan baat terwyl die land se ontwikkeling ook dié kennis omarm.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie