Inisiatief verander lewens ten goede

Sanet Pearson
Precious Nghitaunapo – Die Four by Four (4x4)-inisiatief het lede van die publiek ingespan om aan ’n skoenprojek deel te neem wat daarop gemik is om ondersteuning te bied aan seuns wat terugkeer skool toe.

Die lede het saam met die goewerneur van die Erongostreek, Neville Andre, skoolskoene gekoop wat dié maand aan leerlinge in Swakopmund geskenk sal word.

Die stigter van die inisiatief, Sydney Boois, het gesê: “Die projek is op 1 Januarie in Swakopmund saam met my seun, Etienne Boois, van stapel gestuur, waar ons vyf pare [skoene] gekoop het en so het die 4x4-inisiatief in agt dorpe begin.”

Die agt dorpe sluit Swakopmund, Usakos, Karibib, Okahandja, Windhoek, Otjiwarongo, Tsumeb en Ongwediva in.

Boois het bygevoeg: “Dit is ’n hartseer realiteit dat as gevolg van beide armoede, werkloosheid en in sommige gevalle, waar pa’s hulle verantwoordelikheid versuim, talle leerlinge hierdie skoolkalender kaalvoet skool toe sal stap, aangesien hulle ouers nie skoolskoene kan bekostig nie.”

Die projek is daarop gemik om positiewe verandering deur waardegedrewe en realistiese benaderings te implementeer. Dit deur verantwoordelike praktyke onder mans en seuns te bevorder – om goeie keuses te maak en ’n broer te ondersteun onder die tema “’n broer is nie ’n las nie'” terwyl dit ook een kind se droom en die Namibiese droom ondersteun.

Die inisiatief het ten doel om die persepsie te verander dat mans harteloos is deur meer praktiese en positiewe optrede.

GEMEENSKAPSPOGING

Andre het ’n beroep op alle mans gedoen om aktief betrokke te raak in seuns se lewens en by te dra tot hul opvoeding en positiewe ontwikkeling.

“Ons hoop die skole help waar dit nodig is en dat die begunstigdes ’n suksesvolle akademiese jaar het,” het hy gesê.

Ondernemings word aangemoedig om saam te werk in ooreenstemming met hul projekte vir korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid, wat opknappingsprojekte en ondersteuning vir kinderhuise kan behels.

Die regering se samewerking word ook gevra deur grond in alle streke te voorsien wat in opleidingsgeriewe vir mans en seuns omskep kan word – ’n meer proaktiewe benadering.

“Ons glo dat verandering by een man begin, nie ’n komitee of groep nie, en daarmee doen ons ’n beroep op mans en seuns om kampvegters van die 4x4-inisiatief in hul dorp, nedersetting of stad, of selfs by hul werkplekke te wees,” het Boois afgesluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!