Insameling vir Troy se prostese begin
“Troy is nie eens twee jaar oud nie. Sy hart is nog op die regte plek en hy wil net doen waarvoor hy geteel is, maar ongelukkig word hy te vinnig moeg.
“Ons wil hê hy moet sy volle potensiaal bereik en ’n vol lewe lei.”
So het die eienaar van die Belgiese malinois, Troy, gesê oor die geldinsamelingsveldtog om vir hom ’n protese te kry.
Troy is ’n opgeleide spoorsnyhond wat in April vanjaar in ’n skietery op ’n plaas in Grootfontein betrokke was waarna sy regtervoorbeen geamputeer moes word.
“Die totaal wat ingesamel moet word is US$1 900 (N$34 542). Die bedrag sluit die toestel, drie ekstra prostetiese voet-dele asook die vervoer in,” het Chere van der Merwe, Troy se eienaar, aan Republikein gesê.
Volgens Van Der Merwe sal hulle van ’n maatskappy met die naam 3D Pets Prosthetics gebruik maak.
“Hulle is die skeppers van driedimensionele (3D) gedrukte prostese vir honde se ledemate deur 3D-skandering, spesifieke sagteware en 3D-drukwerk te gebruik,” vertel sy.
Sy sê verder dat die doel van die prostetiese been is om Troy te help om sy beweeglikheid terug te kry.
“Driebeenhonde word geweldig teruggehou en hulle sukkel om enige afstand te loop of te hardloop.
“’n Prostese help hulle om hulle vryheid terug te kry.”
Aangesien honde glo 60% van hul gewig op hul voorbene dra, word geglo dat ’n prostetiese been sal help om sy gewig eweredig te versprei, wat gewrigskade, die oormatige beweging van ’n gewrig in een rigting (hyperextension) en selfs artritis in honde kan verminder.
GELDINSAMELING
3D Pets Prosthetics gebruik ’n geldinsamelingstelsel genaamd GiveButter om mense soos Van Der Merwe by te staan in hul proses om ’n prostese te bekom.
“Die skakel vir Troy se geldinsameling is reeds geaktiveer en ons benodig nog ’n groot bedrag. Hier is die skakel sou iemand voel hulle wil ’n bydrae maak: https://givebutter.com/devicefortroy."
10 AANKLAGTE TEEN GOOSEN
Van der Merwe en ander familielede beweer Troy is deur ’n boer in die Grootfontein-omgewing geskiet toe hy en sy hanteerder deel was van ’n groep wat op soek was na gesteelde goedere wat uit ’n nabygeleë perdestal gesteel is.
Die boer, Willem Goosen, het na bewering vir Troy twee keer geskiet terwyl hy aan ’n leiband was en glo by sy hanteerder gestaan het
Volgens inligting wat van die voorval beskikbaar is, het die hanteerders nie toestemming van Goosen gekry om sy plaas te betree nie.
Tien strafregtelike aanklagte is sedertdien teen Goosen aanhangig gemaak, wat wreedheid teenoor diere en selfs aanklagte van poging tot moord insluit.
Die Namibiese polisie (Nampol) se woordvoerder, hoofinspekteur Elifas Kuwinga, het bevestig dat die polisie die saak ondersoek.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie