IPC-raadslid kry gratis erf op Oshakati
Hervestigingsprojek skop af
Die Oshakati-dorpsraad het Dinsdag begin met die verskuiwing van inwoners na die Onawa-omgewing.
’n Raadslid van die Independent Patriots for Change (IPC), mnr. Jerobeam Ndaamohamba, is een van 800 inwoners wat die Oshakati-dorpsraad tans na Onawa verskuif.
Die raad het Dinsdag begin met die verskuiwing van die inwoners van die informele nedersetting Kalaula en sodra dit voltooi is, sal hulle na verwagting die inwoners van die informele nedersetting Oshaimbangu Solar Plant begin hervestig.
Oshoopola se hervestiging van fase 1 is vir 31 Mei geskeduleer.
Die Oshakati-dorpsraad het in 2019 hul eerste hervestigingsprogram aangepak waartydens sowat 300 mense van die Sky- en Eemwandi-omgewing na Onawa verskuif is.
Ndaamohamba woon al sowat vier jaar in Kalaula en sê die verskuiwing kom op die regte tyd.
“Ek het lank gely en ek is regtig bly dat ons deel is van die raad se ontwikkelingsagenda,” het hy gesê.
Volgens die dorp se burgemeester, mnr. Leonard Hango, sal altesaam sowat 800 mense na verwagting na Onawa verskuif word.
Hango het gesê sodra verskuiwing voltooi is, sal die raad ses tydelike openbare toilette in Onawa bou.
“Onawa is tans semi-gediens, maar het geen rioolpype nie. Die raad is egter besig om geld te bekom vir die bou van 'n rioolsuiweringsaanleg en rioolpype,” het hy gesê.
Volgens Hango sal inwoners erwe ontvang wat uitgemeet en behoorlik afgebaken is. Hulle moet wel 'n minimum van N$500 vir wateraansluiting en N$300 vir waterdeposito betaal.
“Die normale aansluitingsfooie is N$2 820, maar die raad gee afslag en daarom is dit altesaam slegs N$800,” het hy gesê.
Om hierdie proses glad te laat verloop, is nagenoeg 100 jeugdiges tydelik in diens geneem vir die afbreek van die sinkstrukture en herbou van die strukture by Onawa. Dit word volgens Hango gedoen sodat die raad die uitkontraktering van werk na private maatskappye, wat buitensporige pryse vra, kan vermy.
Ander is ook in diens geneem om pype te grawe en die pype aan die waterstelsel te koppel. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie