Foto Facebook
Foto Facebook

Jeug neem deel aan BIG-betoging

Vra vir inkomstetoelaag van N$500 per maand
Luidens die klagskrif eis die groep dat die regering sy verpligting ingevolge die Namibiese Grondwet nakom.
Kristien Kruger
’n Groot skare mense, veral jong mense, het Saterdag aan ’n optog deelgeneem ter ondersteuning van ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) van N$500 per persoon per maand.

Die betoging het omstreeks 08:00 vanaf die Katutura-jeugkompleks begin en het ten doel gehad om die aandag te vestig op die dringende behoefte aan regeringsoptrede in die implementering van ’n basiese inkomstetoelaag.

’n Klagskrif is aan die minister in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, Doreen Sioka, oorhandig.

Die veldtog is deur die Basic Income Grant (BIG) Coalition of Namibia van stapel gestuur en een van die koördineerders meen dat hulle al meer as 19 jaar lank probeer om die toelaag geïmplementeer te kry.

Luidens die klagskrif eis die groep dat die regering sy verpligting ingevolge artikel 95 van die Namibiese Grondwet nakom wat die bevordering van die welstand van inwoners beloof.

Die betogers het in hul klagskrif beklemtoon dat jongmense die grootste deel van die land se bevolking uitmaak en aangevoer dat hulle van ’n toekoms verseker moet word.

“Ons leiers moet hulle daartoe verbind om ’n onvoorwaardelike en universele BIG as ’n jeuggesentreerde maatskaplike beskermingskema te implementeer om werklose jongmense te ondersteun en jeugontwikkeling te bevorder,” lui die klagskrif.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!