Jong redakteur hou die jeug ingelig

Iréne-Mari van der Walt
Die agtjarige William Leatham het ’n manier gevind om alledaagse vervelige tye waarmee kinders gekonfronteer word, hok te slaan.

Die eerste uitgawe van die Swakop Gazette, sy koerant vir kinders, het onlangs die lig gesien.

William se gesin het ongeveer twee jaar gelede vanaf Texas na Swakopmund verhuis.

Hy vertel die boekreeks Diary of a Wimpy Kid het hom geïnspireer om sy eie koerant te begin.

Die eerste uitgawe bevat nuusbrokkies oor onder meer die KFC-“bucket” wat na weke weer voor dié kitskosrestaurant pronk, asook speeltoerusting in openbare parke wat steeds buite werking is.

Lesers kan ook ’n insetsel genaamd “Troeteldier van die week” geniet. Die Leatham-gesin se eie Chili is as die eerste wenner gekies.

Die koerant is ook elke kosfanatikus se droom met ’n resep van die week en ’n restaurantresensie.

“Die moeilikste deel was om ’n goeie strokiesprent te kry,” sê William. Hy het uiteindelik die perfekte strokiesprent aanlyn gevind.

“Ek was verveeld en ek wou dinge bietjie opkikker,” het hy gesê oor die besluit om sy eie koerant te begin.

William het met trots gesê die Swakop Gazette het ’n Facebookblad waar lesers na die jongste uitgawe kan gaan loer.

Wanneer William nie besig is om stories te skryf nie, geniet hy dit om in sy vrye tyd rekenaarspeletjies te speel en het selfs dit deel van sy koerant gemaak met ’n insetsel wat fokus op die jongste nuus oor dié speletjies.

Hy wil ook in die toekoms ’n kunsafdeling deel van sy koerant maak.

William hoop ook om meer kinders te betrek en sê diegene wat graag ’n troeteldier of enige ander gunstelingding wil nomineer, kan hul voorstelle deur die koerant se Facebookblad stuur.

Oor sy toekomsplanne sê hy hy sou graag eendag as ’n beroep koerante wil uitgee, maar indien hierdie droom nie ’n werklikheid kan word nie, sal hy graag videospeletjies wil ontwikkel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!