Jonk én oud word Kerstyd gevier

Kristien Kruger
? Groep maatskappye het onlangs kragte saamgespan om te verseker dat jonk én oud hierdie feestyd bederf word.

Onder die leiding van CMC Private Hospitaal, het 16 senior burgers van die Eastern Court-aftreeoord in Windhoek geskenkpakkies met onder meer kookolie, suiker, pasta, rys en lyfroom ontvang.

“Om die vreugde op hul gesigte te sien, het ons herinner aan die belangrikheid van gemeenskap en deernis. Kom ons hou aan om diegene te koester en te ondersteun wat die wysheid van jare in hul harte behou,” het CMC op hul Facebook-blad oor die geleentheid gedeel.

Met behulp van Metro Hyper Namibia, Nampath Laboratories en Namibia Aesthetics, kon hierdie geskenkpakkies vroeër vandeesmaand aan die dankbare inwoners oorhandig word.

“Ons het verlede jaar die kinders in staatshospitale bederf en hierdie keer wou ons graag iets vir ons ouer mense gedoen het,” vertel Samuel van Wyk van die CMC Private Hospitaal.



KERSKOMPETISIE

Buiten vir hul skenking aan Eastern Court, het CMC ook met trots sy jaarlikse Kerskompetisie aangebied.

Vanjaar was dit ’n tekenkompetisie vir kinders tussen die ouderdom van 4 en 12 jaar en deelnemers het tien minute gehad om Kersfees met hul familie te teken. Die kompetisie het op 7 Desember in die Wernhil-inkopiesentrum plaasgevind en kinders kon tussen 09:00 en 16:00 op daardie dag deelneem.

“Dit was ’n reuse-sukses met 75 inskrywings. Drie kinders is as wenners aangewys en elkeen het met N$500 kontant weggestap, asook koopbewyse van Waltons.”

Die wenner is die negejarige Jane Ndapandula Josop en sy het kontant van N$500 en ? Waltons-koopbewys ter waarde van N$2 000 gewen.

Die naaswenner is die sesjarige Frigia Jerusalem wat ook kontant van N$500 en ’n Waltons-koopbewys van N$1 000 losgeslaan het.

Derde was die sesjarige Mezeri Marenga en sy het N$500 kontant en ’n koopbewys van dieselfde waarde gewen.

“Vandag het ons die kreatiwiteit en verbeelding van ons jong kunstenaars met 'n onvergeetlike geleentheid gevier. Elke kind het hul unieke vonk gebring en ons is so trots op al die deelnemers!”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!