BLEAK FUTURE: Residents of Katima Mulilo have voiced concerns over the lack developmental programmes within the town. Photo Nikanor Nangolo
BLEAK FUTURE: Residents of Katima Mulilo have voiced concerns over the lack developmental programmes within the town. Photo Nikanor Nangolo

Katima bied weinig vir jeug

Nikanor Nangolo
Katima Mulilo het meer werklose gegradueerdes as wat daar werksgeleenthede op die dorp is. 'n Inwoner van die dorp Moses Kambwela het die gebrek aan ontwikkelingsprogramme vir die jeug betreur en gesê dit belemmer nie net die groei en potensiaal van jong mense nie, maar dra ook by tot maatskaplike kwessies soos dwelmmisbruik en misdaad.

"Dit is nie asof hierdie jong mense nie skool toe gegaan het nie. Die meeste van hulle het hul grade voltooi, maar daar is geen werk nie. Vanuit my oogpunt sou ek sê dit is doelloos vir die regering om hierdie kinders aan te moedig om te gaan studeer, terwyl dit nie werk kan skep nie. Waarom belê die regering nie meer in tegniese kolleges nie, sodat gegradueerdes hul eie besighede kan begin, selfs al kry hulle nie werk nie? Jy sal verbaas wees oor die aantal gegradueerdes wat hierdie land het en die meeste van hulle besit nie die oorlewingsvaardighede om selfstandig te wees nie. Dit is waarom die meeste van hulle dwelmverslaafdes en misdadigers word, veral hier in Katima," sê Kambwela.

Volgens hom is daar ˊn behoefte aan jeugontwikkelingsprogramme wat jong mense weg van misdaad kan hou. "Daar is ˊn jeugsentrum in Katima Mulilo, maar dit is nie so funksioneel nie. Dit is net ˊn paar mense, meestal kunstenaars, wat die sentrum besoek."

Kambwela sê die ontwikkelingsprogramme vir jong mense op die dorp kan op sport of kuns en kultuur fokus.

"Ons kort dit. Dit is waarom ons so baie jong mense het wat oor naweke by kroeë alkohol misbruik. Hulle het nie ander ontspanningstelsels om die misbruik van alkohol te bekamp nie."

"Ons het baie talentvolle mense in Katima wat handwerk, beeldhouwerk, skilderye en tekeninge doen. Ons het alle soorte talent hier en as jy sommige van hierdie individue besoek, sal jy jouself vra waarom hierdie mense nog nie aan die buitewêreld blootgestel is nie," het hy gesê.

Kambwela het ook gesê die gebrek aan toegang tot basiese inligting as ˊn uitdaging.

"In gevalle waar ons geleenthede vir die jeug in Katima het, vind jy dat slegs ˊn klein aantal mense dit aangryp. Dit is gewoonlik omdat die inligting slegs ˊn klein aantal mense bereik en nie almal nie. Die regering moet regtig na jong mense kyk, hulle is die enjin van die land. Ons kan nie wag tot ons oud is nie. Dit is baie moeilik."

Hy het voorgestel die regering voorsien geriewe op die dorp waar ambagslui van sweis tot die herstel van voertuie kan doen.

"ˊn Plek waar werklose mense vrylik kan gaan werk." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!