POVERTY STRICKEN: Kavango West regions is the poorest region in the country.
POVERTY STRICKEN: Kavango West regions is the poorest region in the country.

Kavango-Wes steier onder armoede

Ontwikkeling word gekniehalter
Swak padinfrastruktuur, onvoldoende water- en kraginfrastruktuur is gelys as van die uitdagings wat die streek in die gesig staar.
Iréne-Mari van der Walt
Die armoedesyfer in die Kavango-Wesstreek staan tans op ’n verbysterende 79,6%.

Dit volgens Sirkaa Ausiku, die goewerneur in die streek.

“Die Namibiese Multidimensionele Armoede-indeks (MPI)-verslag – wat in 2021 deur die Nasionale Beplanningskommissie bekendgestel is – het armoedevoorvalle in 14 streke ondersoek en bevind dat armoede in Kavango-Wes die hoogste landswyd is, met 79,6%,” het sy tydens haar streeksrede gesê.

“Die ontwikkeling van die streek, soos uitgelig in hierdie verslag, word steeds belemmer deur uitdagings soos swak padinfrastruktuurnetwerke – soos toegangspaaie, veral in die binneland – onvoldoende waterinfrastruktuur, onvoldoende landelike kraginfrastruktuur, swak mobiele kommunikasienetwerke in die meeste dele van die streek sowel as onvoldoende opvoedkundige en gesondheidsorggeriewe.”

Ausiku het tydens haar toespraak staatsagentskappe wat nie kantore in die streek het nie, versoek om kantore te open om dienste nader aan die mense te bring.

“Die ministerie van nywerheidsontwikkeling en handel, die regering se pensioenfonds (GIPF) en Nored is die jongste instansies wat hul kantore in die streek geopen het.

“Op dieselfde trant herinner ek die ministerie van justisie en ander staatsinstansies soos die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) om hul voorbeeld te volg, aangesien hulle ons gemeenskap die onderskeie dienste ontsê.”

LANDBOU

Intussen het die goewerneur gesê die streek se strategiese doelwitte fokus steeds op landbou, vervaardiging en toerisme, wat volgens haar sektore is wat kwessies soos werkloosheid onder die jeug kan takel.

“Die streek is geseënd met vrugbare grond en dit help om werk te skep en armoede te takel, veral onder ons, en het ’n standhoudende rivier. [Ons] glo steeds dat met goeie belegging (landbou, vervaardiging en toerisme) dit die jeug positief kan beïnvloed.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!