Keetmanshoop gee sy begroting ’n hupstoot
Elizabeth Kheibes - Die munisipaliteit van Keetmanshoop het sy jaarlikse begroting met 13,8% – van N$255 miljoen tot N$296,8 miljoen – verhoog.
Die munisipaliteit het ’n lening van N$12,9 miljoen by die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) uitgeneem en ook goedkeuring van die bank gekry om N$11,9 miljoen te leen, wat gebruik sal word vir die opgradering van infrastruktuur vir elektrisiteit, sowel as die Keetmanshoop Elektrisiteit Sake-eenheid (Kebu) se kapitale projekte.
Die munisipaliteit wag nog vir goedkeuring van die ministeries van finansies en staatsondernemings en van stedelike en landelike ontwikkeling, met die lening wat oor 10 jaar afbetaal sal word.
Elektrisiteit ontvang die grootste deel van die begroting met N$120,4 miljoen (42,2%), terwyl personeelkoste soos salarisse N$79,9 miljoen (27%) ontvang.
Verlede jaar het die toe waarnemende uitvoerende hoof, Lee Mwemba, gesê hoewel die dorp NamPower niks skuld nie, skuld die dorp NamWater meer as N$32 miljoen.
In November 2023 het die munisipaliteit onbetaalde water- en elektrisiteitsrekeninge van besighede, staatskantore en ander staatsinstellings begin opskort en het sedertdien net byna N$20 miljoen van die meer as N$85 miljoen se skuld verhaal.
“Ons is die enigste munisipaliteit in die Suide wat NamPower niks skuld nie. Ons het ’n toegewyde span wat eerder die krag as salarisse sal betaal,” het Mwemba gesê.
Volgens hom skuld inwoners op die dorp ’n reuse N$127 miljoen in onbetaalde munisipale dienste. In totaal het die munisipaliteit ’n uitstaande bedrag van N$212 miljoen.
“Ons het ’n totaal van 9 815 kliënte, uitsluitend krag. Net 2 257 en wel 23% van hierdie kliënte is aktiewe betalers. Sowat 77% van die kliënte betaal glad nie. Uit die aktiewe betalers kry ons maandeliks N$6 miljoen in inkomste. Dit is nie genoeg nie, omdat ons ’n waterrekening van N$3,3 miljoen kry wat ons elke maand moet betaal,” het hy verduidelik.
Met verwysing na die huidige finansiële jaar se begroting, het hy gesê N$5,8 miljoen is ’n toelaag van die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling vir die ontwikkeling van infrastruktuur.
Keetmanshoop se burgemeester, McDonald Hanse, het gesê die begroting is aan die minister voorgelê en onlangs goedgekeur.
Die doel van die begroting is om fiskaal verantwoordelik en deernisvol te wees, om wyse beleggings tot voordeel van inwoners van die dorp te maak en om ’n beter toekoms vir die volgende generasie te skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie