/Khomanin: Ons wil ons grond terughê
Ontevrede oor besit, toegang
Volgens die gemeenskapsleiers bly hul voorvaderlike grond grootliks buite hul bereik en het vorige klagskrifte en pogings om met die regering in gesprek te tree, weinig vrugte gedra.
Die /Khomanin-gemeenskap het gister ’n vreedsame optog vanaf die Daan Viljoen-omgewing na die parlement gehou, maar is in hul spore by Zoopark gestuit en meegedeel dat hulle nie die perseel by die parlement mag betree nie.
Die groep het byeengekom om hul diepe ontevredenheid oor grondbesit en toegangskwessies uit te spreek. Hul griewe verwys na wat hulle beskryf as sistematiese onteiening deur middel van beperkende regeringsprogramme wat sekere elite-stamme bo die grondloses bevoordeel.
Volgens die gemeenskapsleiers bly hul voorvaderlike grond grootliks buite hul bereik en het vorige klagskifte en pogings om met die regering in gesprek te tree, weinig vrugte gedra.
Hulle het ook hul frustrasie uitgespreek oor die regering se versuim om ’n strategiese vergadering op 8 Oktober 2024 te belê, wat daarop gemik was om hul voortgesette gebrek aan grond te takel.
“Ek bly al meer as 40 jaar op die plaas, Baumgartsbrunn en hulle het my nou daar uitgeskop. Ek het baie jare daar geboer en gewerk en my gesin hier laat groei, maar nou het ’n man van Suid-Afrika gekom en oorgeneem.
“Hy sê nou vir ons ons kan nie meer daar woon nie, ek is hartseer en deurmekaar,” het ’n emosionele Alex Swartz (87) gesê.
In die klagskrif sê die groep “ons wil ons regte laat geld en ons ontevredenheid nie net met die regering nie, maar ook met sleutelrolspelers uitspreek wat by regstellende aksie betrokke is”.
“Die lot van die /Khomanin word geïgnoreer, terwyl die elite-stam voordeel trek uit grondhervormingsbeleide wat veronderstel is om die onteiendes by te staan” lui die klagskrif.
Die gemeenskapsleiers het die regering daarvan beskuldig dat hulle nie die /Khomanin as inheemse ontheemdes erken nie en het onmiddellike maatreëls gevra om dié status reg te stel. Dit sluit in ’n basislynstudie om hul grondbehoeftes te bepaal. Die groep dring aan op meer as 70 000 hektaar grond in die Khomas- en Hardapstreek as beginpunt om hul griewe aan te spreek.
Hulle eis voorts ’n moratorium op huidige grondhervormingsprogramme totdat hul voorvaderlike regte erken en gerespekteer word.
Lede van die groep sê hulle beoog om regeringsplase as ’n laaste poging te beset om hul regte weer terug te eis en in wat hulle beskryf as ’n morele verpligting om sistemiese ongeregtighede aan te spreek.
Die /Khomanin-gemeenskap het ’n lang geskiedenis van klagskrifte gerig aan die regering vir grondregte, met vorige voorleggings wat terugdateer na 2011.
Ten spyte van hierdie pogings, voel hulle hul kommer word met “stilswye en burokratiese onverskilligheid begroet”.
“Soos ons hier staan, weier ons om stilgemaak of op die kantlyn gestoot te word. Ons gaan nie langer vir diplomasie om resultate te lewer nie; ons gaan tot optrede oorgaan,” het die groep gemaan.
Hulle het ’n beroep op alle grondlose Namibiërs gedoen om in solidariteit aan die stryd vir geregtigheid deel te neem. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie