Kinderglimlagte vir Kersfees

Yandi Du Plessis
Yolanda Nel – Tydens Side by Side Early Intervention Centre se jaarlikse Kerspartytjie het Round Table 34 Windhoek aan boord gekom om 84 kinders se feestyd te verhelder en glimlagte op hul gesigte te sit met ’n Kersgeskenk.

Volgens Side by Side se besturende direkteur, Huipie van Wyk, het hulle hard gewerk om ’n positiewe impak te maak op die lewens van kinders wat met gestremdhede leef. Die sentrum se Kerspartytjie dien as bewys van hul toewyding om ’n koesterende omgewing te skep waar elke kind spesiaal kan voel en hul prestasies erken word.

“Die sukses van die Kerspartytjie sou nie moontlik gewees het sonder die ruimhartige borgskappe en ondersteuning van die gemeenskap nie,” het sy gesê en bygevoeg die partytjie bied ’n geleentheid vir gesinne om bymekaar te kom, in die vreugde van die seisoen te deel en dankbaarheid te toon vir die bystand wat deur die jaar ontvang is.

“Die gevoel van gemeenskapsamesyn weerspieël die oortuiging dat kollektiewe pogings ’n beduidende verskil in hierdie kinders se lewens kan maak.”

Round Table 34 Windhoek het aan boord gekom met hul jaarlikse Joyful Hearts-inisiatief.

Volgens die projekleier, Riaan Stadler, is ’n Kersboom in die Maerua Mall-inkoopsentrum staangemaak, waar individue ’n naamkaartjie kon neem en ’n geskenk vir ’n spesifieke kind kon koop.

“Vanjaar het ons meer as 800 kinders van 10 begunstigdes gehad en dit verbly my hart om te sien hoe ons almal saamwerk om terug te gee,” het hy gesê.

Hy sê die doel nie net om materiële items te skenk nie, maar om ’n gevoel van liefde en behoort in hierdie kinders se harte te vestig.

Hierdie inisiatief vorm ook deel van Smell the Coffee, ’n Namibia Media Holdings (NMH)-program, se Give Hope-liefdadigheidsprojek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!