Kinders en vroue van DRC bemagtig

Tanja Bause
In die middel van die informele nedersetting DRC in Swakopmund is die DRC Women’s Community Trust se nuwe ultramoderne sentrum onlangs ingewy.

Anja Rohwer het tien jaar gelede die DRC Women’s-projek begin om vroue van die omgewing op te lei en die geleentheid te gee om ’n inkomste te genereer. Daar was ook ’n kindergarten wat 60 kinders gehuisves het en ’n sopkombuis wat twee keer per week etes aan 250 kinders voorsien het. Al die aktiwiteite was in vraghouers gehuisves totdat ’n skenking van N$11 miljoen die konstruksie en die meubilering van die nuwe geboue moontlik gemaak het.

Die nuwe kindergarten en voorskoolse sentrum kan nou 120 kinders akkommodeer wat daagliks ’n warm maaltyd ontvang. Die sopkombuis sal nog twee keer per week etes aan tussen 180 en 250 kinders voorsien.

Volgens Rohwer kan meer vroue nou opleiding in die ten volle toegeruste naaldwerksentrum ontvang. Dit sal hulle in staat stel om broodwinners te word en om ’n beter toekoms aan hul gesinne te bied.

’n Groentetuin en vrugtebome sal ook die sopkombuis komplementeer.

“Die sentrum laat kinders en vroue toe om van ’n wêreld van hoop te droom. ’n Sentrum waar hulle gehalte-opleiding gaan ontvang om hul lewensomstandighede te verbeter.”

GELD

Dr. Annedore Knak van Salzgitter in Duitsland het sowat N$9 miljoen vir die projek nagelaat.

Sy is in 2017 oorlede en het Rohwer en haar DRC-projek geken. Knak het die visie vir die bevordering van die kinders en vroue se lewens met Rohwer gedeel.

Die Deutsch-Namibische Gesellschaft (DNG), Ein Herz für Kinder en die Schmitz Foundation het die res van die geld geskenk.

“Ek glo onderwys is een van die min dinge wat werklik die lewens van mense kan verander. Dit bied die hulpmiddel om ons grootste drome te verwesenlik en bemagtig ons om beter mense te wees. Onderwys dra by tot maatskaplike geregtigheid, maar nog belangriker, dit dra by tot die bereiking van ’n mens se volle potensiaal. Onderwys verenig geleentheid met uitnemendheid,” het Rohwer gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!