Kinders laat Immagine se hart warm klop
“As jy ’n bietjie vrye tyd het en wil help, gaan na enige weeshuis toe en bring tyd saam met die kinders deur. Dit beteken so baie vir hulle. Onthou, hulle ouers het hulle verlaat en enige persoon wat vir hulle aandag gee, maak hul wêreld beter. Jou tyd beteken meer vir die kinders as wat jy ooit sal besef,” het Immagine Shikomba, die stigter van die Keemunda-stigting, gesê.
Haar oorlede ouma het haar Keemunda genoem, wat “berge” in Oshiwambo beteken.
“My ouma het gesê Keemunda kom uit ’n Psalm in die Bybel wat beteken ‘hulp kom vanaf die berge’. Sy het dikwels gesê ek het ’n oop hand en wil altyd mense help. Ek het dit nooit kop toe gevat nie. Ek het een dag, toe ek nog op skool was, die oggend wakker geword en wou mense help.”
Immagine het begin rondvra oor wat sy kan doen en hoe sy kan help. Sy wou nie ’n groot gevestigde weeshuis help nie, maar eerder ’n klein een wat sukkel.
“’n Vrou het my gekontak en van ’n weeshuis in Okuryangava vertel. Ek was nog op skool en het nie hope geld gehad nie, maar ek het baie tyd op hande gehad. Ek het hulle besoek en tyd saam met die kinders deurgebring en hulle met hul huiswerk gehelp.”
Sy het soms haar taxigeld wat sy vir skool moes gebruik vir die weeshuis gegee wanneer daar nie krag of kos was nie. Sy het ook tweedehandse klere ingesamel en aan die mense in die sinkhuise uitgedeel.
“Ek het regtig nie baie geld gehad nie, maar ek wou help en ek het by talle besighede aangeklop. Aangesien ek nie geregistreerd was nie, is ek amper altyd weggewys, al het ek nie vir geld gevra nie. Ek wil nou steeds nie geld hê nie. As jy kos of komberse wil skenk, gee dit vir my en nie geld nie.”
KOOK SOP
Haar ouma is in 2020 oorlede en sy het die Keemunda-stigting geregistreer.
Immagine en haar span gaan na die weeshuise toe en kook sop in hulle kombuise.
“Ons bring alles; van ons eie potte en bestanddele tot die hout. Ons sit plakkate op dat die mense van die omgewing weet daar gaan op dié dag sop wees en dan gaan kook ons die sop.
“Ons maak altyd vir tussen 300 en 400 kinders kos. Dit is baie hartseer as daar dan nog mense opdaag, op soek na ’n koppie sop, en die potte is leeg. Dit gebeur meer en meer.”
Die hartseerste oomblik was toe een van die weeshuismoeders haar bel en vertel van ’n kind wat van die honger dood is.
“Geen kind verdien om van honger te sterf nie. Die weeshuise kry geen hulp van die regering nie en ek gee kos en hulp soos ek kan. Ek het nie altyd iets om te gee wanneer hulle bel en sê die kos is klaar of die krag is af nie.”
Immagine het vanjaar besluit om ’n insamelingsveldtog vir winterskomberse en kos van stapel te stuur.
“Wanneer jy lekker snoesig onder jou kombers lê, dink daaraan dat daar kinders is wat ’n kombers deel en met julle hulp kan ons ’n verskil in hulle lewens maak. Al gee jy een kombers beteken dit twee kinders het dié winter hulle eie komberse. Elke bietjie help en maak ’n reuseverskil.”
Immagine wil ook help omsien na die kinders se geestesgesondheid.
“Ek het aan depressie gely en bid en lees het my daarmee gehelp. As jy met die kinders gesels, sal hulle jou vertel hul ouers het hulle weggegooi omdat hulle hulle nie meer wou hê nie.
“Baie van die kinders is eenvoudig voor die hek van die weeshuis gelos. Lees bied ontsnapping van hul daaglikse lewe; so as iemand kinderboeke het wat stof opgaar, sal ek dit ook baie waardeer.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie