Kinders voel veilig en geliefd
Huis op Groot Aub tuiste vir 33
Clara Baitsewe neem al vir 35 jaar kwesbare kinders onder haar vlek.
“Dit is nie ’n weeshuis nie, dit is ons huis. Wees beteken ook nie dat jy laer as ander is nie. Dit is net omstandighede wat jou tot hier gebring het en nou het jy ’n baie groot familie wat lief is vir jou,” het Clara Baitsewe, die stigter van die Vision Care Organisation, gesê.
Clara se kinderjare was self ook moeilik.
“Dit het nie opgehou toe ek grootgeword het nie. Dit het inderdaad al hoe erger geword en kinders ly nou meer as ooit.”
Clara is op ’n jong ouderdom mishandel en misbruik.
“Ek het besluit geen kind behoort deur so iets te gaan nie.”
In 1988 het Clara haar eerste ses maande oue baba begin oppas. Dit was ’n vriendin van haar wat weens omstandighede nie vir haar baba kon sorg nie.
“Dit sou net tydelik wees. Sy is vandag ’n volwasse vrou met ’n goeie werk en ek is nog steeds haar ma. Sy het nooit terug na haar ma gegaan nie. Dit was nie lank ná onafhanklikwording toe ek vier vigswesies begin versorg het nie. Vandaar af het ek nog een kind en nog een gekry. Clara’s big family het bly groei en die huis het te klein geword.”
Clara se ouma het op Groot Aub gebly en gesê dat sy na ’n erf op die dorp moet gaan kyk. In 2021 het Vision Care Organization soontoe getrek.
GROOT AUB
“Hier was net ’n opslaanhuis en ’n asbeshut en in 2004 het Karin Meissner by ons betrokke geraak. Sy het gesê kinders kan nie so lewe nie en het geld gegee om die eerste baksteenstruktuur te bou.
“Mettertyd het ons met haar hulp uitgebrei tot waar ons vandag is. Sy is die kinders se ouma en ek dink sy is die rede hoekom ons kinders so goed op skool doen. Hulle wil haar trots maak. Hulle sien wat sy vir ons doen en om goed in die skool te doen, is hulle manier om hulle waardering te wys.”
Die sentrum huisves tans 33 kinders asook 12 in die koshuis. Sedert die sentrum na Groot Aub getrek het, kon die sentrum reeds 65 kinders help. Die jongste is twee jaar oud en die kinders bly tot hulle klaar is met skool. Vier kinders is tans besig met hulle beroepsopleiding in Windhoek. Meeste van die kinders is wees. Daar is ’n paar wat nog ouers het, maar hulle is kwesbaar en woon dus ook by die sentrum.
“Wat ek vandag doen, vul my met soveel vreugde. Ek het geen leemte in my hart of verlange na iets nie. Ek wil net saam met my kinders wees en sien dat hulle suksesvol in die lewe is. Ek leef vir en deur my kinders. Hulle maak die lewe vir my die moeite werd.”
Volgens Clara is die nood baie groot in Groot Aub; groter as in Windhoek.
“In Windhoek is daar baie mense wat help en hulle help mekaar. Dit is nie hier die geval nie. Elke week hoor ek van kinders wat ’n week laas geëet het, wat alleen bly. Hier is ’n behoefte wat skrik vir niks.”
TOEKOMS
“Elke kind moet wanneer hulle van hier af weggaan in staat wees om hulle volle potensiaal te kan bereik. Ek hoop ook dat daar meer veilige plekke vir kinders sal wees.
“As ek die dag nie meer hier is nie of die kinders uit die sentrum gaan, hou die probleem nie op nie – dit gaan net aan. Daar sal altyd kinders wees wat ’n veilige liefdevolle tuiste benodig.”
RAAD
“As jou hart nie daarin is nie, moet dit nie doen nie, veral as kinders betrokke is. Maar as jy na kinders kan uitreik, doen dit en doen dit met liefde, omgee en passie. Kinders soek nie aardse goed nie, hulle soek liefde en veiligheid. Dis al wat hulle soek.”
ROMARIO
Romario Swartbooi (17) het op negejarige ouderdom by die Vision Care Organization aangekom.
“Dit is ’n groot voorreg, want wat sou ek op straat gedoen het? Ek sou gesteel het, sleg gewees het en nie kos gehad het nie. Nou is ek die hoofseun van die skool en ’n voorbeeld vir my vriende. Ek is baie dankbaar vir Ouma Clara en alles wat sy vir ons doen.
“Ons huis is ’n veilige hawe wat met liefde gevul is. Ek wil eendag my ma se huis vir haar bou. Deur dít te doen, wil ek mense wys dat ek nie soos hulle uitgedraai het nie. Ek het beter gedoen.
“My ma drink gevaarlik baie en hulle het verwag ek gaan in haar voetspore volg. Maar ek doen nie; ek is te danke aan Ouma beter en ek sal hulle wys.”
– [email protected]

Kommentaar
Jan Gous
Prysenswaardig. Dankie!