Kindertuiste op Gochas amper voltooi
Open deure einde Julie
Die Namaqua Kalahari Children's Home open in Augustus as veilige hawe vir 60 kinders.
Die konstruksie van die Namaqua Kalahari Children’s Home op Gochas sowat 110 kilometer suidoos van Mariental in die Hardapstreek, vorder goed en nader voltooiing.
Die inisiatief hoop om ’n veilige ruimte te bied wat tot ’n beter toekoms kan lei vir kinders wat uitdagende omstandighede in die gemeenskap met ’n beraamde bevolking van 1 868 – volgens die 2023-sensus – in die gesig staar.
Die visie vir die kinderhuis het ontstaan uit Theopaulina Goliat se kommer oor die welstand en toekomstige vooruitsigte van die dorp se kinders waar middelemisbruik en gevolglike kinderverwaarlosing en -mishandeling volop is.
Goliat se passie vir die bevordering van die lewens van plaaslike kinders is aangevuur tydens haar ampstermyn as die hoof van ’n plaaslike skool.
As ’n getuie van die siklus van ’n groot aantal kinders wat die skool weens haglike lewensomstandighede verlaat, het Goliat besluit om iets aan die kwessie te doen.
Haar droom om ’n tuiste vir kinders te bou het begin deur met internasionale vennote saam te werk.
“Op ’n dag in 2014 het ek opgestaan met die visie om ’n kindertuiste te begin. Ek het begin om daaraan te werk om ’n droom te verwesenlik en in dieselfde jaar het ’n vrou van Noorweë met ’n program vorendag gekom om kinders op te hef en te bemagtig wat akademies swaar trek. My skool was een van die tien loodsskole,” vertel Goliat.
“Ek het my visie gedeel en sy het beloof om my met vennote in kontak te bring wat sal kan help. Sy het my voorgestel aan Shoot for Change, ’n nieregeringsorganisasie gebaseer in Spanje en Italië wat uiteindelik gelei het tot die samewerking met Foundawtion, ’n niewinsgewende organisasie wat daartoe verbind is om gemeenskappe deur argitektoniese projekte op te hef.
Die konstruksie van die Namaqua Kalahari Children’s Home het amptelik in Oktober 2023 begin, met Foundawtion wat toesig oor die argitektoniese aspekte van die projek hou.
“Tot op hede het Foundawtion sowat N$2 miljoen geskenk vir die konstruksie van die tuiste en ons is so dankbaar en opgewonde vir die finale produk,” sê Goliat.
Met die hoop dat konstruksie teen die einde van Julie voltooi sal wees, sal die Namaqua Kalahari Children’s Home verblyf aan 60 kinders bied, sowel as toegang tot onderrig en emosionele ondersteuning. Die hoop is om die siklus van armoede te breek en die dorp se jong inwoners te bemagtig om na ’n blinker toekoms te streef. Die tuiste sal ook twee toesighouers, matrones, algemene werkers asook ’n veiligheidswag huisves.
Petrina Hendricks, die adjunkdirekteur van die tuiste en ’n afgetrede onderwyser, sal vir die akademiese aspek van die kinders se toekoms verantwoordelik wees.
“My hart bloei wanneer ek hierdie jongmense sien wat verwaarloos en honger is. As ’n boorling van Gochas wil ek deel wees van die verandering van die dorp,” sê Hendricks.
Die voorman van Bindeman Construction, Fillemon Kasiti, sê die konstruksie vorder goed en in lyn met die argiteksplanne wat deur Foundawtion-argitekte in Spanje opgetrek is. Twee vrywilligers en argitekte van Foundawtion hou ook toesig oor die projek.
Goliat het op haar beurt gesê dat rolspelers wat by die projek betrokke is, ook altyd bereid is om hul samewerking uit te brei en hulp van plaaslike vennote te ontvang.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie