Kleinvee moet uit dorpsgebied
Inwoners in nedersettings geraak
Van die inwoners van die informele nedersettings boer met so veel as 500 kleinvee binne Gobabis se dorpsgrense.
Inwoners van Gobabis se nedersettings wie in die dorpsgebied met kleinvee boer, is opdrag gegee om teen vandag op die laaste hul skape, bokke en perde uit die gebied verwyder. Die munisipaliteit se uitvoerende hoof Sophia Eises het reeds op 9 Januarie in 'n brief aan die betrokke inwoners opdrag gegee om die diere uit die dorpsgebied te verwyder. Meer as 20 eienaars van kleinvee word geraak. Die opdrag volg ná voortgesette vergaderings wat sover terug as 16 Oktober 2021 dateer en inwoners in die informele nedersettings van Kanaan A, Kanaan B, Kanaan A Upper en Kanaan C betrek. , wat reeds op 16 Oktober 2021 van stapel gestuur is. Volgens Eises is 'n landmeter besig om erwe van 300 m² erwe uit te meet en wat die rondslag lê vir toekomstige water- en kragtoevoer na die nedersettings. Die troppe kleinvee kan gevolglik nie langer in die nedersettings wei nie en inwoners wat tans op twee of drie hektaar grond in die nedersettings boer, sal hul diere moet verwyder, aldus Eises.
Van die inwoners boer met so veel as 500 kleinvee binne Gobabis se dorpsgrense. Klagtes word gereeld van bure ontvang oor die lawaai en ook die gesondheidsrisiko wat die diere vir inwoners inhou. Van die dorpsboere hou ook soms tot nege honde aan, met een van die honde wat onlangs 'n inwoners in die straat gebyt het. Volgens Eises rus die verantwoordelikheid vir sy sorging nou ook op die skouers van die raad. Eises sê die eienaars van die vee moet die diere "terug stuur na waar hulle vandaan kom. Hulle moet terug gaan”. Volgens haar kom die diere van hervestigingsplase waar droogte en oorbevolking in Blouberg, Drimiopsis en tot by Otjinene boere gedwing het om die diere te verskuif. Ander is weer afkomstig van kommersiële plase in die Gobabis-omgewings wat deur eienaars van die plaas afgesit is.
Die LPM se hoof van menseregte Joyce Muzengua het intussen 'n beroep op die minister van landbou, water en grondhervorming Calle Schlettwein gedoen om dringend in te gryp.
Volgens Muzengua is stedelike migrasie al sedert onafhanklikheid ’n probleem op Gobabis.
“Hierdie demografiese groep het hoogs-gemarginaliseer geword en is meestal werklose onderklas. Hulle is verantwoordelik vir 'n aansienlike deel van die immigrasie van ongeskoolde en werklose mense na informele nedersettings aan die buitewyke van Gobabis en hul enigste ekonomiese middele is die paar diere wat hulle aangeskaf het,” sê Muzengua.
Volgens Muzengua weet die LPM van verskeie plase wat in die Omahekestreek en spesifiek by Witsand "leeg" is.
“Ons versoek die onmiddellike ingryping by die Gobabis-dorpsraad om die uitsettingsdatum te verleng om voorsiening te maak vir die grondlose boere,” lui die brief aan Schlettwein. “Sou ons nie 'n antwoord van u kantoor teen Woensdag 31 Januarie 2024 kry nie, sal die betrokke boere grond op enige oop plaas in die Omahekestreek gryp en sal hulle voortgaan met hul boerderybedrywighede totdat die ministerie na hulle omsien.” - [email protected]

Kommentaar
Stephanus Gerber
Dink net, hier is darem baie weiding hier om en selfs in Windhoek. Hoekom trek die landlose mense met hulle diere nie Windhoek toe nie. Hulle kan dalk sommer vinniger grond sonder kostes kry. Al wat nodig is, is 'n paar goedgeplaaste boorgate met pompe, diesel, kuipe . . . . . . en gooi sommer veeartseny dienste en medisyne en kragvoer by! Wonder of ek nte ook maar 'n paar skpe en bokke moet in die hande kry nie? Dit behoort nie te moeilik te wess nie!