Kos vir kinders

Aurelia Afrikaner
In 'n poging om voedselonsekerheid en honger te bekamp, ??het die Ndamona-stigting 'n kindervoedingsprogram in die Tsjaka-gemeenskap in die Kalahari-kiesafdeling van die Omahekestreek van stapel gestuur. Die gemeenskap is sowat 50 kilometer vanaf Gobabis geleë.

Die program wat na verwagting meer as 100 kinders sal bevoordeel, is deel van die stigting se breër missie om die lewenskwaliteit vir kwesbare bevolkings in Namibië te verbeter.

Die inisiatief is geïnspireer deur die dringende behoefte om die hoë vlakke van wanvoeding onder kinders in Tsjaka aan te spreek. Deur gereelde voedsame maaltye te verskaf, wil Ndamona die gesondheid, groei en opvoeding van die gemeenskap se jongste lede verbeter.

Tans beplan die stigting om die kinders elke naweek te voed, met die hoop om dit na gelang van die beskikbaarheid van bykomende skenkings en hulpbronne uit te brei.

Behalwe om onmiddellike honger aan te spreek, sal die program na verwagting die akademiese prestasie en algehele welstand van hierdie kinders aansienlik verbeter.

Om kwesbare toegang tot basiese benodighede soos kos, klere en skuiling te gee, is een van Ndamona se hoofdoelwitte, sê Tshepo Neumbo.

Sodoende word verseker dat daar in die mees dringende behoeftes van die gemeenskap voorsien word deur aandag aan basiese eise aandag te skenk, het hy verduidelik. Buiten vir noodsaaklike hulpbronne soos kos, klere en skuiling, fokus die stigting ook op die ontwikkeling van die jeug, gesondheidsonderrig, sanitasie, geestesgesondheid, die ontwikkeling van landbou asook sportprogramme. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!