Jessica Tietz was een van die graad 11-leerlinge van DHPS wat indringerplante by Avisdam uitgehaal het. Foto Tanja Bause
Jessica Tietz was een van die graad 11-leerlinge van DHPS wat indringerplante by Avisdam uitgehaal het. Foto Tanja Bause

Leerlinge takel indringerplante

Tanja Bause
Leerlinge en onderwysers van die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) in Windhoek het gister indringerplante by Avisdam verwyder.

Volgens Gesche Roxin, ’n graad 11-biologie-onderwyseres, is dit die derde keer dat die skool die inisiatief neem.

“Ons het ook al indringerplante in die Klein Windhoek-rivier uitgehaal en die keer besluit om dit saam met Gunhild Voigts van Cactus Clean-up te doen.

“Ons is 45 leerlinge en vyf onderwysers wat help. Die kinders leer van indringerplante in hul sillabus en ek dink dit is belangrik dat hulle die plante en die vernietigende impak op inheemse plante sien.”

Die leerlinge het kaktusse in die berge uitgehaal en in die riviermond en vlaktes het hulle onder meer prosopis en gewone stinkblaar verwyder.

Vera Freyer van Greenspace was vol lof vir die hulp.

“Ons probeer al jare lank om die indringerplante uit te roei, maar hulle bly teruggroei en hulle neem die inheemse plante oor. Al die hande en hulp is van onskatbare waarde.”

Voigts het beklemtoon dat dit uiters belangrik is om nou die klein kaktusse en die saadpeule van die indringerplante te verwyder en te brand voordat die reën kom en hulle weer van vooraf groei en versprei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!