Lewe in Cambridge - ’n avontuur vir die Krugers

Nuwe episodes van Namibië Sonder Grense
Karel, Jolise en hulle twee dogers, Riejed en Riana, het in Mei vanjaar na Engeland getrek.
Kristien Kruger
’n Splinternuwe seisoen van Namibië Sonder Grense het hierdie week op Network TV (kanaal 285 op DStv en 94 op GOtv) begin. In hierdie program kuier ons elke week by Namibiërs regoor die wêreld en hierdie week was ons in Cambridge, Engeland.

Die Kruger-gesin het in Mei vanjaar na Cambridge verhuis nadat Karel ’n pos by die beroemde universiteit aanvaar het.

Karel en Jolise het albei in Namibië grootgeword, maar het ná hul studies op Stellenbosch so verlief geraak op die dorp dat hulle besluit het om te bly.

Ná hul studies - Karel in megatroniese ingenieurswese en Jolise in onderwys - is hulle getroud en het 'n paar jaar later met ’n gesin begin. Hulle twee pragtige dogters, Riejed (7) en Riana (4), was die hoofrede en doel agter hul besluit om die skuif na Engeland aan te pak.

“Ons het nie veel van Cambridge of Engeland as geheel geweet nie, so ons het ’n paar google searches gedoen en toe het ons die kinders probeer opgewonde maak oor die hele skuif en dit as ’n groot avontuur verkoop,” vertel Jolise.

Voordat die gesin oor is Engeland toe, het hulle ’n maandlange vakansie in Namibië gehou om vir oulaas by familie te kuier.

In Mei het Karel, Jolise en die twee dogtertjies die lang vlugte tot in Cambridge aangedurf.

Hoewel hulle reeds in Namibië 'n huis in Engeland vasgemaak het, het hulle eers in ’n AirBnB ingetrek wat reeds goed ingerig was. Karel het sommmer vinnig-vinnig by die universiteit begin en Jolise en die dogters het rustig tyd gehad om alles te kry wat die nuwe huis nodig gehad het en ook om hul nuwe omgewing te verken.

“Almal het vir ons gesê ons gaan in ’n klein apartment moet bly en dat die huurpryse in Cambridge baie hoog is,” vertel Jolise. Hul soektog na 'n nuwe tuiste het egter tot 'n baie lekker hui, tussen ’n klomp ander luukse en groot huise gelei.

“Toe ons die huis sien, was ons net doodseker ons moet hier bly. En nou bly ons toe nie in ‘n vuurhoutjieboksie-huis nie! Ons is mal oor hierdie baie quirky, aangeboude huis waarin ons nou bly. Orals waar daar aangebou kon word, is daar aangebou,” spot Jolise.

Die huis is ruim en groot met ’n groot tuin en speelkamer vir die kinders. Jolise vertel verder dat hulle aanvanklik gedink het die huur is hoog. Nadat hulle met ander plaaslike inwoners gepraat het, het hulle egter uitgevind dit is eintlik glad nie so duur teenoor ander plekke in die dorp nie.

Karel en Jolise het die meeste van hul besittings in hul huis in Stellenbosch verkoop. Hulle kon egter ’n baie klein vraghouer met sommige van hulle besittings na Cambridge oorstuur. Hierin was daar glo net ’n paar goed van sentimentele waarde.

Toe die vraghouer ’n paar weke nadat hulle ingetrek het, uiteindelik in Cambridge aankom, het dit ook die Krugers se huis sommer dadelik meer soos hul eie laat voel.

SKOOL EN KINDERS

Nadat die gesin in hul nuwe huis ingetrek het, was dit tyd om vir Riejed ’n skool te kry.

“Dit was moeilik vir Riejed om te besef dat sy heel weggaan van alles wat sy ken. Sy was klaar in die skool op Stellenbosch en sy het reeds maats gehad. Sy was baie betrokke by buitemuurs en ag net die lewe in geheel in Stellenbosch. Dit was vir haar ’n groter skuif,” vertel Jolise oor haar oudste dogter.

In Cambridge doen jy aansoek vir skool deur die staat en word san op ’n waglys geplaas.

“Jy moet ook na ’n skool gaan wat naby is aan waar jy bly. Ons het ’n keuse van drie laerskole gehad en ons het geen inligting gehad oor hoe die skole was nie.

“Hulle het wel ’n staatsondersoek van skole en elkeen kry bv. 'n gradering van goed, uitstekend of kort werk.”

In die skool waarop hul keuse uiteindelik geval het, het Riejed vinnig maats gemaak en sy is baie gelukkig by haar nuwe omgewing.

“Die agterstand van onderrig is net verskriklik groot. Hulle begin al baie vroeg met formele onderrig en sy het pas uit graad een gekom waar hulle net begin het om in Afrikaans klanke te leer. Vir haar om te skuif na ’n Engelse skool waar kinders reeds boeke lees en stories van baie bladsye vol skryf, was ’n baie groot stap,” vertel Jolise wat ook byvoeg dat die skool baie ondersteuning gebied het om haar te help.

“Sy is wel baie gelukkig en dit is al waaroor ons op dié stadium bekommerd was. Sy moet net gelukkig wees en wil skool toe gaan.”

Riana het ook onlangs begin om ‘nursery‘-klasse by te woon. Ouers kan kies hoe veel uur per dag hul kinders dit moet bywoon. Vir nou woon Riana net die oggendsessies by.

FIETSE

Karel en Jolise het albei fietse waarmee hulle rondbeweeg en Jolise is mal oor haar “cargo”-fiets waarin altwee die dogtertjies ook pas.

“Dit is ons enigste ‘mode of transport’, maar dit is baie lekker want ons kan tot in die middel van die dorp ry waar alles is.”

Karel vertel ook dat Cambridge deur baie beskou word as die beste dorp vir fietsry en vertel dat daar vreeslik baie mense is wat fietsy.

“Die dorp het baie geriewe en infrastruktuur vir fietsry. Daar is baie fietsrybane en die motoriste in Cambridge is baie toegeeflik teenoor fietsryers.

“Die dorp is ook baie plat, wat dit ook maklik maak om fiets te ry en ons geniet dit vreeslik,” vertel Karel.

Jolise sê ook daar is soveel voordele aan fietsy, maar sy vermoed dat hulle waarskynlik ’n ander deuntjie gaan sing as die winter eers begin.

“Die weer is sover ook vir ons baie lekker. Daar is altyd ’n paar reëndae in die week, maar dit raak ook baie warm. Ons het nie gedink ons sal dit sê in Engeland nie, maar Cambridge is die warmste en droogste deel van Engeland,” vertel Jolise.

VRIENDELIKE MENSE

Karel vertel dat beide die universiteit en die dorp se mense baie uiteenlopend en vriendelik is.

“Almal wat ons tot dusver ontmoet het, is baie aangenaam en baie vriendelik. Die Engelse mense is verskriklike vriendelike en goedgemanierde mense. Nie heeltemal so warm soos wat ons in Namibië het nie, maar tog is hulle baie vriendelik en toegeeflik in hoe hulle jou akkommodeer.”

Jolise noem dat hulle ook reeds ’n kerk gekry het waar hulle baie geliefd voel en waar mense hulle betrokke maak by alles. Hulle het ook al ’n paar vriende gemaak.

“Dit was nogal iets wat vir ons moeilik was - om ons mense te kry waarmee jy alles wil deel. Ons het bitter lank in Stellenbosch gebly en eintlik maar ons lewe daar begin. Die mense wat ons daar agtergelaat het, het ’n groot gat gelos. Daai bande sal egter nooit verlore gaan nie.”

DANKBAAR

Jolise sê hulle is baie dankbaar dat die skuif so maklik was en dat die kinders nou al gewoond is aan hul nuwe omgewing en omstandighede en selfs begin om Cambridge hulle huis te noem.

“Riana het in die verlede nog baie gevra wanneer gaan ons na ons regte huis toe, wat nou die een in Stellenbosch is. Sy begin nou aanvaar hierdie is ons regte huis,” vertel sy.

Dit was ook groot pret en opwinding toe die gesin se twee Australiese herdershonde ook verlede maand uiteindelik in Cambridge aangekom het. Bella en Paljas is in hulle noppies om weer hulle mense te sien ná vier maande wat hulle in Suid-Afrika gebly het en ’n baie lang reis oor die waters.

Die Kruger-gesin beplan om in Desember weer in Namibië te kom kuier.

“Ons hoop ook om so veel as moontlik in Namibië te kan kom kuier waar meeste van ons familie natuurlik bly. Daar is mos natuurlik net iets aan Namibië wat jou laat ontspan en rus. Ons sal nooit daai gedeelte van ons lewe kan vergeet of wil vergeet nie en ons sien uit daarna om dit ook deel van ons kinders se lewe te maak,” vertel Jolise.

NAMIBIË SONDER GRENSE

Kykers kan uitsien na nuwe episodes van Namibië Sonder Grense elke Maandagaand om 20:30 DStv (kanaal 285) en GOtv (kanaal 94). In volgende week se episode kuier ons in Nederland by Rico en Jodie Louw en in komende episodes maak ons ook ’n draai by Ame van Rooyen in Dubai en Jana Cleary in Jersey. Moet dit nie misloop nie!

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 22.69 | EUR to NAD 19.02 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.39 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.83 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.39 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1854.97 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 657.18/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.10% | Zinc US$ 3 171.30/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 79.33/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 984.46/OZ UP +1.35% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.69 | EUR to NAD 19.02 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.39 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.83 | USD to AOA 909.1 | USD to BWP 13.28 | USD to EGP 48.53 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1625.33 | USD to ZAR 17.39 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1854.97 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14102.73 Down -0.33% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30762.32 Down -1.33% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 657.18/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.10% | Zinc US$ 3 171.30/T DOWN -0.03% | Brent Crude Oil US$ 79.33/BBP DOWN -0.0052 | Platinum US$ 984.46/OZ UP +1.35%