Iilona !Hoa-khaos van Swakopmund en haar seun was onlangs deel van 32 huishoudings wat sonaangedrewe krag ontvang het. Foto verskaf
Iilona !Hoa-khaos van Swakopmund en haar seun was onlangs deel van 32 huishoudings wat sonaangedrewe krag ontvang het. Foto verskaf

Ligte aan in Olutweni

Tanja Bause
“Ek is so bly ons het krag gekry! Dit het ons lewe nie net makliker gemaak nie, maar ook baie veiliger,” het Iilonna !Hoa-khaos van Swakopmund gesê.

Sy en haar dertienjarige seun was onlangs deel van 32 huishoudings wat sonaangedrewe krag in hulle huise ontvang het.

Die inisiatief is moontlik gemaak deur die samewerking tussen Erongo RED en die Towards an Inclusive Design of the Renewable Energy Transition (TIDRET)-projek.

Die begunstigdes van die landelike kragvoorsieningskomponent van TIDRET is die eienaars van die Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) se gemeenskapshuise in Swakopmund.

Iilonna het twee jaar gelede in haar huis ingetrek en moes tot onlangs sonder enige elektrisiteit klaarkom.

“Daar was geen kragkabels in ons strate nie en dus kon Erongo RED nie krag na die huise aanlê nie. Deur hulle samewerking met TIDRET het ons nou sonaangedrewe krag. Ons het in die verlede klein sonkrag-lampe gebruik, maar hulle raak baie gou pap. Nou het ons heeldag krag. Ons kan ’n yskas gebruik. Ons hoef nie meer elke dag vleis te koop nie. Nou kan ons ook op spesiale aanbiedinge koop en die vleis vries en later gebruik. Krag is iets wat almal nodig het.”

Die huise in die Olutweni-woonbuurt wat in die noordelike deel van Swakopmund geleë is, is gebou volgens munisipale dorpsplanne en regulasies. Die SDFN-huise is permanente strukture. Die eienaars van hierdie huise is lae-inkomste werkende individue en kan weens omstandighede en die hoë pryse om krag te laat aanlê, nie bekostig om aan die netwerk gekoppel te word nie. Die eienaars van hierdie huise het titelaktes vir die eiendomme of is wettiglik by die munisipaliteit geregistreer as eienaars van hierdie erwe.

Die kragvoorsieningsinisiatief was verder op individuele huishoudings binne die geïdentifiseerde gemeenskappe gemik, waarvan 50% van dié huishoudings onder leiding van vroue en klein-, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) is.

Die TIDRET-projek is ’n inisiatief gelei deur die Omgewingsbeleggingsfonds (EIF) onder die Europese Unie se projek vir klimaatverandering en die inklusiewe gebruik van natuurlike hulpbronne (CCIU-EU) in samewerking met die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme wat deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) geadministreer word.

“Soos die tyd verby gaan sal ons van al die swaar tye sonder krag in die huis en van die donker en die onveilige erf vergeet. My seun is ook baie gelukkig dat die ligte aan is en hy het opgewonde vertel dat ons nou nie meer bekommerd hoef te wees oor hoe ons ons selfone gaan laai nie.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!