Mý pappa kan, kan joune?
Tsumeb nooi jou om pa’s te vier
'n Kleuterskool in die Noorde het 'n inisiatief begin om pappas te vier wat sterk is, hul gesinne dra en die uitdagings van die lewe takel – en ieder en 'n elk word genooi om by hulle aan te sluit.
“Ons wil ons pappas vier, ons wil hulle weer soos die koning van die huis laat voel, want dit is hoe belangrik hulle vir ons is.”
Só gesels Tsumeb se Anna-Marie Erasmus, wat deel is van ’n inisiatief om pa’s op 7 Oktober te vier met die spesiale My Pappa Kan-familiedag wat op Tsumeb Gimnasium se sportgronde aangebied sal word en waar kinders hul pa’s gaan uitdaag om verskeie uitdagings aan te pak.
“Die hele idee agter die inisiatief is om te wys ons pappas is sterk, hulle kan enigiets doen, hulle kán die druk van die lewe hanteer en hul families onderhou. Hulle kán swaar sakke optel en hulle kan sewe sakke sout saam met die mammas en gesinne opeet.
“Hierdie dag is vir hulle en ons wil hulle ’n bietjie ophef,” sê Anna-Marie.
Sy is op die raad van Gluck-auf Kindergarten en vorm deel van ’n span wat die geleentheid sal aanbied.
Tot soveel as 100 pa’s en 50 oupas sal vir die geleentheid kan inskryf en in ’n prettige kompetisie teen mekaar meeding. Aan die einde van die dag sal daar ook pryse vir die sterkste pa’s uitgedeel word.
“Die pappas sal elk tien uitdagings moet trotseer – dit sluit in dinge soos om spykers met ’n hamer in te kap – goed wat pappas in elk geval kan doen. Hulle sal nie bo hul vermoëns uitgedaag word nie,” het Anna-Marie gesê.
Sy sê vir die oupas sal daar ook ses uitdagings wees – maar dit sal minder fisiek wees sodat oupas van enige ouderdom kan deelneem.
DROOM BEWAARHEID
“Hierdie is ’n droom wat sowat twee jaar gelede by ons begin het en wat uitgebrei het, met meer skole en selfs kerke op Tsumeb wat nou deel van die inisiatief is.
“Die gedagte is om ons pappas te vier – in vandag se lewe speel hulle ’n groot rol. Hulle voorsien aan hul families en moet soveel verantwoordelikhede nakom, terwyl die samelewing hulle nie meer so baie waardeer nie.
“Ek dink daar is ’n groot tekort hieraan in ons land – lekker dae waar families kan saamkuier. Daar sal verskeie en unieke stalletjies vir ma’s beskikbaar wees, terwyl daar vir kinders verskeie aktiwiteite aangebied sal word, wat insluit om met Daisy-geweertjies te skiet, springkastele en treinritte.
“Die aand gaan daar ’n lofprysingsgeleentheid aangebied word met ’n spreker van Suid-Afrika, past. Carel Marais, wat gaan gesels oor hoe ons aardse pappas ons hemelse Pappa verteenwoordig en ons op dieselfde manier probeer bystaan en beskerm,” het sy verduidelik.
“Ons aardse pappas is vir ons die voorbeeld van hoe ons hemelse Pappa met ons is. Ons vier ons aardse pappas, maar bowenal ons hemelse Vader wat ons hemelse Pappa is. Ons gaan die aand ook afsluit met ’n heerlike ete en saamkuier en dinge op die regte manier doen,” vertel sy.
Inskrywingsgelde vir die pa’s beloop N$200 en vir oupas N$50. Inskrywings open op 1 September en duur tot 1 Oktober.
Vir meer inligting, kontak Anna-Marie by 081 853 2349.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie