Rehoboth se burgemeester, Amanda Groenewaldt. FOTO ARGIEF
Rehoboth se burgemeester, Amanda Groenewaldt. FOTO ARGIEF

Markte, straatligte en parke in Rehoboth se visier

Jemima Beukes
Jemima Beukes - Nuwe uitbreidings, voorafbetaalde krag- en watermeters, ontspanningsparke, markte en straatligte is deel van die drome en doelwitte van die Rehoboth-dorpsraad se begroting vir die 2024-’2025-finansiële jaar.

Dié sleutelprioriteite en kapitale projekte word volgens die dorpsraad se finansiële bestuurder, Zeino Theron, self gefinansier en beloop N$51 miljoen. Die oop markte word vir Blok E en B beplan, terwyl die opgradering van infrastruktuur vir inligting- en kommunikasietegnologie, sowel as die vervanging van transformators ook onder die kapitale projekte val.

Die raad het N$261 miljoen vir dieselfde finansiële jaar bewillig vir munisipale operasies en ontwikkelingsprojekte. Volgens Theron is dit ‘n afname van 5% teenoor verlede jaar. Uit die N$261 miljoen is N$72 miljoen vir personeeluitgawes, N$110 vir algemene uitgawes, N$13 miljoen vir herstel en instandhouding en N$64 miljoen vir kapitale uitgawes geoormerk.

‘n Bykomende N$7 miljoen is ook geoormerk vir die rehabilitasie van oksidasiedamme, danksy die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling.

Die Padfondsadministrasie (RFA) het N$4 miljoen vir die instandhouding en konstruksie van paaie binne die munisipale gebied beloof.

Tydens die raad se algemene vergadering het inwoners van die dorp voorgestel dat ‘n dinkskrum deur die gemeenskap geskep word om idees en voorstelle by te dra vir die verbetering van die plaaslike ekonomie en om hul toewyding tot aktiewe burgerlike betrokkenheid te weerspieël.

Rehoboth se burgemeester, Amanda Groenewaldt, het deursigtigheid en verantwoordbaarheid in bestuur beklemtoon.

“As deel van ons pogings om deursigtig te bly en deur die kiesers verantwoordbaar gehou te word, is die inisiatief ‘n nodige en vereiste proses om ons prestasie in die lewering van dienste en die insameling van inkomste te meet en sodoende bestuur sowel as die politieke verteenwoordigers verantwoordbaar vir hulle dag tot dag werksaamhede te hou,” het Groenewaldt gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A