Masligte by nedersettings opgerig
In ’n poging om die veiligheid en sekuriteit van sy inwoners te verbeter, het die Ongwediva-dorpsraad met ’n projek begin wat fokus op die installering van hoë masligte in die Onawa- en Okandjengedi-nedersettings. Die projek sal N$800 000 kos.
Die dorpsraad se woordvoerder, Ottilie Shingenge, het aan Network Media Hub (NMH) bevestig dat die raad reeds ’n kontrakteur aangestel het en die perseel oorhandig het vir die installering om te begin.
Hy sê die doel van die projek is om openbare veiligheid te verbeter.
Volgens hom het die meeste van die inwoners tydens openbare vergaderings hul kommer uitgespreek dat die strate saans donker en onveilig is.
“Die inwoners sê dit gee misdadigers die geleentheid om weg te kruip en mense van hul besittings te beroof.” Shingenge sê dit sal nou egter iets van die verlede wees, omdat die ligte sigbaarheid sal verbeter en ook die omgewing sal verfraai.
“Die inisiatief is in reaksie op die regering se oproep en visie om dienste nader aan inwoners te bring. Die raad se strategiese plan is dus in ooreenstemming met die wet op plaaslike owerhede soos dit gewysig is,” het Shingenge gesê.
Die projek sal na verwagting teen 14 Februarie aanstaande jaar voltooi wees. Hy het beklemtoon dat die raad daartoe verbind bly om die lewenstandaard van sy inwoners te verhoog en dat dit nie sal rus voordat hy noodsaaklike dienste en geriewe aan al sy inwoners bied nie. Die hoop is ook om sodoende die dorp uit te brei.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie