Girl (15) raped, impregnated by pastorphoto: Tuyeimo Haidula
Girl (15) raped, impregnated by pastorphoto: Tuyeimo Haidula

Meer as 'n 1 000 aktiewe kerke in Namibië

Rita Kakelo
Die verkondiging van die Woord is nie beperk tot statige geboue met baksteenmure nie. Dit vind ook ‘n plek onder die skadu’s van bome, in sinkhuise en saamgeflanste tente. Dit het skynbaar meer pastore en ‘verkondigers van God se Woord’ gemotiveer om hul kleims vir ‘n kerk af te steek, sommige met goeie bedoelings en ander met die doel om die armes en kwesbares uit te buit.

Oor ‘n tydperk van 11 jaar en wat afskop in 2014 is ‘n gemiddeld van sowat twee kerke per week geregistreer. Dié syfer is deur die Owerheid vir Sake en Intellektuele Eiendom (Bipa) aan Netwerk Media Hub (NMH) verskaf.

Die data wys ook daar is ‘n totaal van 3 211 aktiewe Artikel 21-maatskappye, waarvan 1 245 (38,7%) geloofsgebaseerde organisasies is. Volgens Bipa is ‘n Arikel 21-maatskappy as ‘n nie-winsgewend onder die maatskappyewet geregistreer

Vir die registrasie van kerke in Namibië is daar volgens Bipa se hoof vir korporatiewe kommunikasie Ockert Jansen geen spesiale vereistes nie.

“Die proses en vereistes bly dieselfde vir alle Artikel 21-registrasies. Die enigste verskil is dat sulke aansoekers hul doelwitte en aktiwiteite binne hul memorandum en artikels van assosiasie moet uitlig en kerkaktiwiteite moet spesifiseer,” het Jansen verduidelik.

Eerwaarde James Fredericks, sekretaris-generaal van die Raad van Kerke in Namibië (CCN) het aan NMH bevestig die raad het nie ‘n formele regulatoriese raamwerk om klagtes van gemeentelede teen kerke in Namibië te ondersoek nie.

Volgens hom word dit by die Namibiese polisie aangemeld. Fredericks sê die raad werk daaraan om ‘n beheerliggaam vir kerkregistrasies te vestig wat na verwagting vroeg aanstaande jaar in werking sal tree.

“Dit is ‘n hele proses, maar dit is onderweg. Daar is verskeie stadiums hierby betrokke. Die sluit in die basiese stadium, die ordinasieproses en proses vir teologiese kwalifikasies, grondwetlike veranderings en kritieke gesprekke met rolspelers.”

Die beheerliggaam sal ook toesig hou oor pastore wat troues en begrafnisse waarneem om te verseker dat hulle die nodige huwelikslisensies het en wat standaardpraktyk is.

NMH het voorheen berig oor verskeie gevalle van pastore wat gemeentelede misbruik en wat voorvalle van seksuele misbruik en finansiële uitbuiting insluit. In een so geval in Julie vanjaar is die 34-jarige pastoor Stefanus Oiva (34) daarvan beskuldig dat hy ‘n 15-jarige meisie van die

Disciples of Christ-kerk in Ongwediva glo verkrag en swanger gemaak het.

CCN sluit 16 korporatiewe lede in wat elk gemeentes van 5 000 of meer mense verteenwoordig. Dit sluit in die Afrika Metodiste Biskop-kerk, Anglikaanse Bisdom van Namibië, Apostoliese Geloofsending, Duitse Gereformeerde Kerk, Evangeliese Bybelkerk asook die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië.

Bykomend het die CCN tien assosiaatlede wat elk bestaan uit gemeentes van 4 000 lede en minder. Dit sluit in die Vereniging vir Charismatiese en Pinksterkerke in Namibië, die Namibië Christen Apostels- en Profete Vereniging asook die Namibiese Evangeliese Teologiese Kweekskool. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 21° | 32° Eenhana: 21° | 26° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 21° | 31° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 19° | 25° Omaruru: 21° | 32° Windhoek: 18° | 30° Gobabis: 20° | 29° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 16° | 26° Ariamsvlei: 24° | 40° Oranjemund: 17° | 22° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 25° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 18° | 29° Maseru: 16° | 29° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 36° Windhoek: 18° | 30° Cape Town: 18° | 23° Durban: 21° | 26° Johannesburg: 16° | 18° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 35° Harare: 20° | 32° #REF! #REF!