Foto ter illustrasie/Pexels, Anna Shvets
Foto ter illustrasie/Pexels, Anna Shvets

Meerderheid Namibiërs ten gunste van seksonderrig

1 200 mense bo die ouderdom van 18 jaar
Net minder as twee derdes van respondente (65%) sê vroue moet tronkstraf opgelê word indien hulle kies om 'n swangerskap te beëindig.
Iréne-Mari van der Walt
’n Nuwe Afrobarometer-opname toon die oorgrootte meerderheid van Namibiërs (83%) glo seksonderrig moet in skole in die land aangebied word. Net minder as twee derdes van die opname se respondente (65%) het gesê hulle glo vroue moet tronkstraf opgelê word indien hulle kies om ’n swangerskap te beëindig.

Afrobarometer-opnames word uitgevoer onder steekproefgroepe van 1 200 mense bo die ouderdom van 18 jaar wat die demografiek van ’n land verteenwoordig. In Namibië word die proefgroep deur die Namibië Statistieke Agentskap (NSA) verskaf. Dié toetsmetode bied 95% vertroue binne drie persentasiepunte. Die jongste verslag oor openbare menings rakende seksonderrig, aborsie en voorbehoedmiddels. Net minder as driekwart van die proefgroep (74%) glo dat voorbehoedmiddels beskikbaar gestel moet word aan almal wat seksueel aktief is, ongeag van ouderdom. Die opname toon dit is meestal vroue en jongmense wat hierdie siening het. In die opname het 77% van respondente gesê dat hulle glo voorbehoedmiddels moet beskikbaar wees aan enige persoon, ongeag van hul huwelikstatus.

Ongeveer 85% het geantwoord hulle glo dat meisies steeds toegelaat moet word om hul skoolloopbaan te voltooi, indien hulle tydens hul skooljare swanger raak. Meer as 80% van die respondente is dit eens dat vroue moet besluit hoeveel kinders hulle wil hê en wanneer. Meer opgevoede respondente, vroue en jongmense is meer geneig om dié siening te deel.

Net minder as driekwart (72%) het geantwoord dat ’n aborsie "soms" of "altyd" geregverdig is, indien die ma se gesondheid in gevaar is. Sowat 60% het gesê ’n aborsie is geregverdig as die swangerskap die nagevolg van verkragting of bloedskande is. Net meer as die helfte (52%) het geantwoord dat ’n aborsie geregverdig is in gevalle waar ekonomiese toestande dit moeilik vir die ma sal maak om na die kind om te sien.

Christie Keulder van Survey Warehouse, Afrobarometer se vennoot in Namibië, het tydens die bekendstelling van die inligting gesê nog inligting wat verband hou met die verdraagsaamheid van verskeie seksualiteitsgroepe en wat voortspruit uit die opname, sal ook vrygestel word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A