Mix-mannebyeenkoms takel netelige kwessies

Irene Van Der Walt
“Vandag is merkwaardig weens die feit dat mans en seuns selde van MIV/vigs-hulpbronne gebruik maak.”

Só het dr. Johanna Nambahu van die gesamentlike Verenigde Nasies Program vir MIV/vigs (UNAids), namens dr. Alti Zwandor, die nasionale direkteur, tydens die Windhoek-munisipaliteit (CoW) se laaste mannebyeenkoms gesê.

Die byeenkoms is in die Mix-nedersetting in samewerking met UNAids gehou.

Zwandor het haar lof aan die mense aan stuur van sake by die munisipaliteit uitgespreek.

“Die munisipale leiers en werknemers het hul toewyding tot omvattende en tydige MIV/vigs-dienste bewys,” het Zwandor gesê.

Raadslid Austin Kwenani het gesê mans moet meer openlik oor hul gevoelens en probleme praat.

“Ons sit in stilte onder bome en dink stilte bewys manlikheid, maar dit doen nie. Wanneer ’n probleem gedeel word, voel jy meer verlig en dit los talle probleme op,” het hy gesê.

Windhoek se onderburgemeester, mnr. Joseph Uapingene, het die groep aangemoedig om hul deel te doen om huishoudelike geweld hok te slaan.

“God het vroue uit ons ribbebeen geskape sodat hulle aan ons sy kan leef as helpers. God het ons geskape as die hoof, nie om die moordenaars van ons helpers te wees nie,” het hy gesê.

Volgens ’n opname van Afrobarometer in Maart vanjaar, sê respondente (57%) dat mans baie algemeen of ietwat algemeen geweld teen vroue en meisies in hul huise of gemeenskap gebruik.

Meer as vier uit tien (42%) respondente glo dit is waarskynlik dat vroue gekritiseer, geteister of verneder sal word as hulle huishoudelike geweld of seksuele aanranding by die polisie aanmeld.

Kinders was betrokke by ’n beraamde 80% van die 125 geslagsgebaseerde voorvalle wat in September en Oktober verlede jaar by die Namibiese polisie se gemeenskapseenheid in Khomas aangemeld is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!