Munisipaliteit ontken toegang tot rekening

Aurelia Afrikaner,Rita Kakelo
"Jy gee jou honde water, maar kan ons nie water gee nie. Genoeg is genoeg! Ons is moeg vir dit!” was die algemene gevoel onder beswaarde inwoners van informele nedersettings in Okahandja tydens ’n betoging verlede week waar hul frustrasie met die munisipaliteit oorgekook het.

Die optog volg ná inwoners se volgehoue kritiek teen die munisipaliteit wat in Januarie vanjaar ’n rekening by First National Bank (FNB) geopen het om die omstandighede in die informele gebiede van die eertydse 'tuindorp' te verbeter. Volgens die gemeenskapsaktivis Sethy Gariseb is daar geen naspeurbare verslag oor die bestemming of gebruik van die geld nie. Elke huishouding in die Ekunde- en Vyfrand-informele nedersettings betaal sedert Januarie maandeliks N$165 in die rekening.

Volgens Gariseb het die inwoners van die Promiseland-informele nedersetting in Okahandja soos aanbeveel deur die munisipaliteit verlede jaar hul eie geld ingesamel, waterpype gekoop en ook die gate vir die pype gegrawe. Tog sê hy is daar steeds geen water nie, iets wat die inwoners volgens Gariseb desperaat nodig het.

Die ontevrede inwoners het die onmiddellike bedanking van die dorp se burgemeester Beatrice Kotungondo en die uitvoerende hoof Alphons Tjitombo geëis. Die rede is hul versuim om kwessies aan te spreek wat die gemeenskap raak en waaroor hulle reeds die afgelope nege jaar kla.

Die inwoners het dit duidelik gemaak dat geen politieke byeenkomste in hul gebied toegelaat sal word, alvorens hul griewe nie aangespreek is nie.

“Sommige van julle is buitestaanders, daarom sukkel julle om ons probleme op te los. Julle het nie ons beste belange op die hart nie”.

Kotungondo het by navraag die bewering betwis dat die munisipaliteit verantwoordelik is vir die bestuur van die geld in die FNB-rekening

Volgens haar was die ontwikkeling en opmeting van die Ekunde Uitbreidings 1-, 2-, 3 - en 6-projekte en wat toegewys is aan informele inwoners, nie in die munisipaliteit se begroting vir die 2023/24 finansiële jaar nie.

"Ons het die gemeenskap aangeraai om geld in te samel om die opmetingsproses in Ekunde te bespoedig en om 50% van die opmeters se koste te help dek," het sy verduidelik.

Omdat die inwoners volgens Kotungondo gevoel het die proses neem te lank, is besluit om 'n rekening te open om dit te bespoedig.

"Ons [die munisipaliteit] en die gemeenskapslede (begunstigdes) het met die Universiteit van Wetenskap, Kuns en Tegnologie (Nust) vergader om die vordering van die fondsinsameling te bespreek. Hulle (gemeenskapslede) bestuur volledig die rekening, die raad het geen toegang daartoe nie. Hulle het bevestig dat N$ 207 000 ingesamel is," het die burgemeester gesê. Sy het ook bevestig dat gemeenskapslede van die Vyfrand- en Oshetu-informele nedersettings met hul erfnommers as verwysings geld in die rekening betaal.

"Die raad het geen toegang tot die rekening nie en het ook nie tekenregte nie," het sy beklemtoon.

Kotungondo sê die projek word in samewerking met NUST aangepak om studente die geleentheid te bied om hul geïntegreerde werksprogarmme te voltooi. Volgens haar neem die opmetings van grond afhangend van die betrokke ingenieurs gewoonlik ses maande of langer.

Kotungondo sê sy voel sy is die teiken van die inwoners se ontevredenheid omdat sy nie die oorhandiging van die petisie bygewoon het nie.

"Ek is 'n onderwyser besig om ongeveer 40 leerders op te voed, ek het nie die tyd nie.

"Dit is nie asof die petisie verwaarloos is nie, dit is deur die adjunkburgemeester hanteer. Ek verstaan nie waarom hulle spesifiek vir my wou hê nie? Dit is nie asof ek nie die vergadering oor die petisie sal voorsit nie. Wat presies is hul probleem met my?" - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.33 | EUR to NAD 19.75 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.9 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.28 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.91 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 544.96/OZ UP +1.31% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.80% | Zinc US$ 2 857.30/T UP 2.57% | Brent Crude Oil US$ 72.04/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 964.98/OZ UP +1.16%