Ná drie dekades groet Henties Hardeware
In November 1992 keer twee oud-Namibiërs en gewese Pretorianers terug “huis toe” om op Hentiesbaai te gaan nes skrop.
Ockie en Elize van Schalkwyk koop ’n verwaarloosde besigheid uit ’n boedel en begin skrop en skuur aan hul nuwe droom, Henties Hardeware. Dit was ’n bloeityd vir die land en die dorp, vertel Elize en sy en Ockie het gewerk “dat die sweet spat”.
“Ek het op die aarde niks van hardeware, boumateriaal of winkelspeel geweet nie, maar gelukkig het Ockie die bedryf geken. Ek het baie by die kliënte, die bouers, die elektrisiëns en Johannes (Titus) Plumber geleer.”
Die Van Schalkwyks besluit in 1994 om ’n nuwe winkel te bou op die erf wat hulle by Magda du Preez Eiendomme gekoop het, met Ockie wat self die planne optrek. Elize erken ’n bouplan was vir haar Grieks en sy het haar man mal gemaak met al haar vrae. Op ’n Sondag wat die egpaar gaan visvang, word die bouplan ook ingepak. ’n Mooi stuk plat sand is uitgesoek, die hele plan is afgetree en strepe in die sand getrek.
“Eers toe kon ek sien hoe groot die plek sou wees. Hy het seker gemaak die rugkant is na die oosweer toe, want teen daardie tyd het ons hom al goed leer ken! Ons was al goed aan die bou en het een môre vanaf die stoep van die ‘ou’ winkel af die werkery staan en bekyk.
“Ons ‘landlord’ Peter Whitham, was bekend daarvoor dat hy van àlles kennis dra wat in Henties aangaan. Hy was eers stom geskok toe hy uitvind ons gaan sy perseel verruil vir een aan die buitewyke van die dorp, vandag is dit die middel van die dorp,” vertel Elize.
Ná twee jaar en in Februarie 1995, het die Van Schalkwyks self stuk-stuk aangebou en uitgebrei. Ockie het die bouplanne geteken en bouers gehelp met die aankope van grootmaat-materiaal uit Swakopmund.
Die egpaar het wonderlike kliënte van Hentiesbaai en oraloor die land leer ken en verskeie vriendskappe gesmee. Die besigheid was goed en het Ockie en Elize in staat gestel om oor naweke die omgewing te verken.
“Ons het Damaraland en ook verder noord goed leer ken en liefgekry. Visvang was natuurlik ook hoog op die lys!”
In Mei 1997 sien Henties Nuus die lig met Ockie wat stories oor besienswaardighede, interessanthede uit die geskiedenis en mense van die dorp skryf.
“Ons het fantastiese bydraes gekry en die besighede het ons gehelp met gereelde advertensies. Van Januarie 2000 het die naam verander na Wegbreek Hentiesbaai en die laaste uitgawe was in Desember 2001. Dit was ook ’n goeie tyd in ons lewe, maar soos alles anders, kon dit nie vir altyd wees nie.”
In 2002 het Ockie ’n boekie geskryf – Hengel op Hentiesbaai – wat nou nog in aanvraag is, maar nie meer beskikbaar is nie. Manne soos Chris van Wyk (Die Viskas), Cillié Steenkamp (Die Hengelhoek), Dennis Patterson (Cymot) en Johan Agenbag van Spar het hulle kennis ruim gedeel.
Die Van Schalkwyks se ou vriend Basjan van Niekerk en Ockie het, gewapen met ’n paar ou padkaarte, die pad teen die kus opgery tot by die Ugabmond en terug. Saam het hulle 51 “gate” se afdraaiplekke geïdentifiseer en op die korrekte afstand aangedui.
“Ockie het ’n pragtige, prettige kaart geteken wat in die middel van die boek gedruk is. Dieselfde kaart het hy, in ’n groter formaat laat druk en gelamineer. Ek wonder hoeveel daarvan nog in die omtes is?”
Dertig jaar later en met ’n vol lewe agter die rug het Ockie en Elize besluit om briek aan te draai. Hentiesbaai spog nou met vier hardeware- en boumateriaalwinkels wat die Van Schalkwyks se vriende en kliënte kan bedien en waar hulle ook goeie diens kan kry.
Tans is Ockie en Elize besig om Henties Hardeware se laaste voorraad te verkoop en hoop om gou ook ’n koper vir hul geboue te kry. Natuurlik beplan hulle om steeds in Henties aan te bly, want “waar anders is dit dan so lekker?”.
“Ons wil graag baie dankie sê aan al ons vriende en almal wat ons oor die jare so goed ondersteun het. Ons het soveel mense van oraloor Namibië wat huise in Henties het deur die winkel leer ken en deur Ockie wat ’n klomp ouens se huisplanne geteken het. Ons wil graag hê ons kliënte moet weet hoe ’n belangrike bydrae hulle in ons lewe en besigheid gelewer het. Dit was ’n voorreg om van diens te wees en ons sal dit verseker mis.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie