’n Nota van 1953 in ’n bottel
’n Klein bottel het verlede week op ’n strand by Lüderitz uitgespoel en Marie Lemerle van die Brown Hyena Research Project het dit opgetel. Binne-in was ’n nota wat 70 jaar gelede geskryf is met die naam Groenewald daarop.
“Ek het die bottel op die strand sien lê terwyl ek soos gewoonlik gaan stap het. Die dag tevore het ons sterk hoogwater gehad. Ek moes die bottel breek om by die brief uit te kom. Ek het regtig nie gedink ek gaan iets so interessant vind nie. Die eerste ding wat ek kon lees was die datum 6/2/1953,” het sy gesê.
Marie het besef dit is ’n baie ou boodskap en vir veilige bewaring die nota in haar Leatherman se sakkie gesit om by die huis oop te maak.
“Ek het die nota neergesit sodat dit vir ’n paar dae behoorlik droog kon word. Ek was bang om dit oop te maak en dit dalk te beskadig. Ek het toe ’n vriend gevra om my te help en ons het baie versigtig met pinsette die brief oopgevou en daarin geslaag om dit plat neer te lê.”
Sy sê die skrif was verbleik. Die boodskap was in Afrikaans en sy kon – behalwe vir die datum – ook Lüderitz en SWA uitmaak.
“Ons kon ook tekeninge van skedels, bene en die SWA-vlag uitmaak. Ek het foto’s van die blad geneem en op Facebook geplaas in die hoop dat mense van die woorde kan uitmaak en sin kan maak van dit wat ’n mens kan lees.”
Marita Manns-Maass het die boodskap bestudeer en kon tekeninge, die vlag en spelfoute uitmaak wat daarop dui dat kinders dalk die boodskap in die bottel geplaas het.
“Die van Groenewald was baie duidelik te sien. Ek kon ook ‘... sal ... nie aan hom sal guns bewys word en hy sal geseën wees. Doen hy dit nie sal daar ... al niks met hom gebeur. Stuur dit ... aan die ... 6/.../53 Dankkie Groenewald Eiland Brugg Luderitz S.W.A.’ uitmaak.”
Marita se ontsyfering het opslae op Facebook gemaak met mense wat oor die brief se herkoms bespiegel.
Die oorheersende gevoel is dat dit kinders was wat die bottel in die see gegooi het en dat hulle dalk vandag nog lewe.
“Ek het gewonder of dit kinders was weens die tekeninge. Hulle kan vandag nog lewe. Dit sal so cool wees om die persoon(e) te vind wat dit geskryf het,” het Marie op Facebook gesê.
“Hulle moet in hulle laat sewentigs of tagtigs wees. Stel julle voor ons kon dit vir hulle wys,” was nog ’n kommentaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie