'n Outydse sloertoer met 'n hart
ˊn Groep vriende wat ˊn passie vir klassieke motors deel, het verlede week ˊn sloertoer deur vyf dorpe in die sentrale noorde van Namibië voltooi. Die groep vriende wat met nege klassieke motors hul reis onderneem het, het in elk van die dorpe ˊn skenking uit hul eie sak aan outehuise gemaak.
Verlede jaar is met ses motors na die Suide van die land gereis. Volgens Simon van Zyl dateer die klassieke motors uit van 1965 tot 1984 en trek dit dadelik gemeenskappe se aandag in die dorpe waar hulle aandoen.
"Dit is 'awesome'. Ek dink dit vang beslis iemand se oog. Ons is oorweldig deur mense in die plaaslike gemeenskap wat kom kyk het. Ek dink dit was ˊn hupstoot vir mense se gemoed wanneer hulle die motors gesien het," sê Simon. Dit was veral die bejaardes by die ouetehuise waar hul besoek afgelê het, wat hul herinnering aan toeka se tyd se motors kon oproep.
"Dit was nogal lekker om vir die ou ooms die motors te kon wys. Dan sê hulle 'hierdie is die kar waarmee ék grootgeword het'. Mens kon sien hoe hulle oë blink," sê hy.
Die groep vriende het mekaar almal deur hul passie vir ou motors ontmoet. Simon het op Omaruru 'n besigheid uit ou motors op die been gebring en later sy vriende genooi om saam met hom te reis.
"Hoekom hou ons die karre in motorhuise? Hulle almal kan ry," sê hy.
Die groep het by ˊn aftreeoord op elkeen van die dorpe sowat N$2 000 geskenk.
"Ons almal het ˊn passie vir klassieke karre en ons het net gedink as ons geld kan spandeer aan onsself en ons karre, kan ons ook vir ander gee," sê Simon oor die besluit om skenkings deel van hul reis te maak. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie