'n Spesiale boks vir 'n spesiale kind
Henriette Lamprecht – Vir talle wees- en weerlose kinders is ’n boks, toegedraai in mooi geskenkpapier en met sý of háár naam daarop, ’n lewensveranderende ervaring.
Die wete dat iemand daar buite so baie omgee en kies om iets spesiaals net vir hulle te koop. Dit is die Santa Skoenboksprojek saamgevat in een spesiale geskenk en wat in Namibië ook kwesbare kinders se harte soos in die buurland Suid-Afrika jaarliks oor die Kersseisoen verbly.
Die Santa Skoenboksprojek is een van die grootste liefdadigheidsorganisasies vir kinders in Suid-Afrika wat een keer per jaar geskenkte skoenbokse gevul met agt noodsaaklike items (’n kledingstuk, tandepaste, tandeborsel, seep, waslap, opvoedkundige speelgoed, lekkergoed en ’n speelding) oraloor die buurland en ook in Namibië aan minderbevoorregte kinders uitdeel.
“Dis ’n wonderlike spanbougeleentheid vir maatskappye en ook om die spesiale items uit te kies en vir personeel om die skoenbokse te vul. Om ’n Santa-skoenboks te ontvang, is vir die meeste kinders ’n lewensveranderende ervaring – die wete dat iemand daar buite soveel omgee om spesiaal vir jou iets te koop en te gee!” sê Liezl Moodley van die projek wat vanjaar in Namibië op Ongwediva, Walvisbaai en Windhoek en omliggende gebiede fokus.
Organisasies in dié drie dorpe met geriewe vir minderbevoorregte kinders kan nou tot 25 April aansoek doen om Santa-skoenbokse te ontvang. Dit sluit van kinderhuise of veilige tuistes, dagsorgsentrums tot kindertuine en skole in.
Volgens Liezl sal ’n vrywillige koördineerder in elk van dié drie dorpe die geriewe besoek wat aansoek gedoen het en dit volgens die liefdadigheidsorganisasie se kriteria goed- of afkeur. Aansoeke word aanlyn op die webtuiste www.santashoebox.org.za gedoen.
Vanaf 1 Augustus kan maatskappye of spanne wat meer as 20 Santa-skoenbokse wil skenk, hul name ook op die webtuiste deurgee. Dié proses is waar ’n skenker ’n kind by sy of haar naam, ouderdom en geslag op die webtuiste kies. Spanne of maatskappye wat graag skoenbokse wil skenk, kan ’n e-pos aan [email protected] vir enige navrae stuur word.
“Vir die res van die publiek en alle ander individuele skenkers open die proses op 1 September. Die skenker gaan besoek ons webtuiste (www.santashoebox.org.za), registreer ’n skenkersprofiel, kies ’n aflaaipunt, byvoorbeeld Windhoek en het dan toegang tot die lys van begunstigde kinders wat onder die Windhoek-aflaaipunt val,” verduidelik Liezl.
Skenkers kies ’n kind by ouderdom, geslag en naam en daar is geen ander inligting beskikbaar nie.
“Kinders word beskerm onder die kinderbeskermingswet, so die skenker kan nie hul vanne, foto’s of inligting van watter instelling hulle is, sien nie.”
Vanaf die einde van Oktober, begin November kan skenkers en spanne hul voltooide skoenbokse by die vrywillige koördineerder in die drie dorpe aflaai.
“Die koördineerder skandeer al die bokse via ’n QR-kode op elke etiket sodat ons kan tred hou met al die bokse wat ingesamel is.”
In November ontvang die goedgekeurde geriewe al die Santa-skoenbokse wat geskenk is en oorhandig dit aan elke kind wat gekies is om sy of haar eie geskenk met hul naam op te ontvang.
“Dis ’n wonderlike spanbougeleentheid vir maatskappye en ook om die spesiale items uit te kies en vir personeel om die skoenbokse saam te pak.”
Besoek die liefdadigheidsorganisasie se webtuiste https://santashoebox.org.za, https://www.goodthingsguy of stuur ’n WhatsApp aan Liezl by +27 82 884 7639.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie