‘Namibië het ’n wonderlike man verloor’
Die gedenkdiens van dr. Paul Ludik het gister by die nuwe kampus van die Namibiese polisie se Forensiese Wetenskapsinstituut in die hoofstad plaasgevind. Die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en sy vrou, Sustjie, het die diens bygewoon om die Ludik-gesin te ondersteun.
Pres. Hage Geingob is deur me. Christine // Hoebes, minister in die kantoor van die presidensie, teenwoordig. In die president se huldeblyk het hy Ludik se loopbaan as bewonderingswaardig en inspirerend beskryf en sy medelye aan die Ludik-gesin betoon. Huldeblyke van dr. Hifikepunye Pohamba en dr. Sam Nujoma is deur die adjunkminister van binnelandse sake, mnr. Daniel Kashikola voorgelees. Komm. Nelius Becker, die hoof van die instituut, het gesê: “Namibië het ’n wonderlike man verloor.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie