Namibië se eerste swart verkeersbeampte gegroet
'Geliefd en liefdevol'
Die eerste swart verkeersbeampte wat in die apartheid-era aangestel is, is onlangs ter ruste gelê.
“Hy is as die eerste swart verkeersbeampte in Namibië onder die apartheidsregime aangestel. Hy het daardie tyd nog in Afrikaans die opdrag gekry dat hy geen wit persoon sal berispe nie,” sê Ruben Rukambe Uazukuani, een van die seuns van Theobold Uazukuani wat onlangs oorlede is.
Ruben sê sy pa se uiterste liefde vir sy werk as verkeersbeampte in die hoofstad het hom geïnspireer om dieselfde loopbaan na te streef.
Ná hy egter matriek voltooi het, is Ruben nie vir ’n posisie in die verkeersdepartement gekeur nie en het hy ander loopbaanrigtings gevolg.
Wyle Theobold was die oudste van sewe kinders en dit het hom volgens sy seun die oogappel in sy familie gemaak.
“Hy was geliefd as kind en hy het op dieselfde manier ander ook liefgehad,” sê Ruben.
Hy laat 34 kinders en vier vroue agter.
Wanneer Theobold weggebreek het van sy werk, het hy graag geboer. Hy was ook ’n liefhebber van motorfietse en aksieflieks.
Ruben vertel hulle het in die laaste weke ’n nuwe televisiestel aangeskaf sodat sy pa aksiefilms kon geniet.
“Ons het gewoonlik nie ’n televisie in ons sitkamer nie, maar in die laaste tyd toe hy by ons gebly het, het ons vir hom ’n televisie gekoop sodat hy flieks in die sitkamer kon kyk,” sê Ruben.
Theobold was volgens sy seun ook ’n man met ’n hart vir sy gemeenskap.
“Hy het altyd troues en roudienste bygewoon – hy het altyd gesê hy kan nie net tuisbly terwyl ander mense in rou is nie,” sê Ruben.
Theobold se kollega, Eliphas !Owos-Oab, het in 1983 by die Windhoek-verkeersdepartement onder Theobold se mentorskap begin werk.
Hy sê oudpresident Sam Nujoma het kort ná onafhanklikwording daarop aangedring dat Theobold bevorder word.
“Ons was in die groep wat baie belangrike persone moes begelei en een aand by ’n dinee het Sam Nujoma my nader geroep en gevra wanneer ons hom gaan bevorder. Ek het nie regtig geweet wat om te sê nie, toe sê ek maar ons sal dit in die departement opneem,” sê Eliphas.
Theobold is kort daarna na ’n pos as senior verkeersbeampte bevorder, wat hy tot sy aftrede beklee het.
“Hy was soos ’n pa vir ons. Almal in die departement het geweet hulle kon met hul probleme na hom toe gaam,” sê Eliphas.
Eliphas en Ruben sê hulle sal graag wil sien dat ’n straat in die hoofstad na Theobold vernoem word.
Theobold is onlangs ter ruste gelê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie