Namibiërs verenig om jong atlete te help

Iréne-Mari van der Walt
Namibiërs het Woensdag hul harte oopgemaak om twee atlete in nood te help.

Dit nadat die jong atleet Nestory Shilamba se afrigter, Edward Kapewasha, ’n vriendelike versoek aan Namibiërs gerig het om drafskoene aan Nestory te skenk. Hy neem dié naweek aan die Internasionale Skolesportfederasie se Wêreld- veldwedloopkampioenskappe in Kenia deel.

Republikein en sy susterkoerante het dié versoek op hul sosiale media geplaas en dit het wydverspreide reaksie uitgelok. Dit het ook onder Edward se aandag gekom dat nog ’n atleet, Johannes Jeremia van die Omahekestreek, ook dringend drafskoene benodig het. Nou spog beide atlete met splinternuwe drafskoene en ander bykomstighede, dit te danke aan barmhartige Samaritane.

Voor die groep gisteroggend uit Windhoek vertrek het, het Nestory Namibiërs bedank vir hul goedhartigheid.

“Ek het dit nie verwag nie omdat ons vanoggend [Donderdag] vertrek en reeds in Windhoek was,” het hy in sy moedertaal, Oshivambo, gesê.

“Mense ken my nie, maar hulle het vir my baie dinge gegee,” het Nestory gesê.

“Hy het ongelooflike ondersteuning ontvang van goedhartige mense wat vrygewigheid getoon het deur ’n helpende hand te verleen. Ons vertrek na Kenia met ons koppe omhoog en goed gemotiveerd,” sê Edward.

Op sy Facebook-profiel sê hy: “Ek waardeer die ondersteuning wat my atlete ontvang het. Hy was op die nippertjie om kaalvoet te hardloop. Dankie aan al die barmhartige Samaritane in Namibië wat tot sy redding gekom het. ’n Totaal van vier atlete is in die proses gehelp.”

Edward het aan Republikein gesê Nestory is een van Namibië se ontluikende talente.

“Hy het verlede jaar begin. Hy neem gewoonlik aan plaaslike kompetisies deel. Die byeenkoms waar hy in Februarie gekwalifiseer het om Kenia toe te gaan was sy eerste groot kompetisie. Dus sal Kenia nou sy tweede groot byeenkoms wees,” sê Edward.

Hy sê dat hy en die atlete wat internasionaal meeding dankbaar is vir die ondersteuning van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens wat vlugte, etes, verblyf en sweetpakke verskaf, maar sê dat daar dikwels 'n gebrek aan toerusting soos drafskoene is, veral onder junior atlete.

“Die ministerie werk hard en ons is hulle baie dankbaar vir wat hulle doen. Die ekonomiese toestande plaas ook druk op hulle,” sê hy.

Die atlete neem die naweek aan die kampioenskappe deel wat tot 14 Mei sal duur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!