Nandi-Ndaitwah oorhandig kospakkies

Leandrea mouers
Namibië se visepresident het 190 huishoudings met kospakkies ondersteun en beklemtoon dat die regering sy bes sal die om die uitdaging van brande by plakkershutte in Walvisbaai aan te spreek.

Netumbo Nandi-Ndaitwah het die families besoek waar hulle kamp op die perseel waar ‘n brand die naweek meer as 200 plakkershutte verwoes het.

“Julle regering werk hard om ‘n oplossing vir die brandprobleem op Walvisbaai te vind. Ons moet egter onsself vra hoekom kom brande so algemeen hier voor? Ons moet regtig selfondersoek doen. Selfs ons polisie kan nie ‘n ordentlike ondersoek doen om ons te help om hierdie brande te verstaan nie. Dit is nie die enigste plek waar jy plakkershutte kry nie, maar die voorkoms van brande in Walvisbaai is kommerwekkend, dit is iets wat ons almal moet aanspreek,” het sy gesê.

Volgens Nandi-Ndaitwah het die regering reëlings met kantoor vir rampbestuur getref vir nog tente en potte wat binnekort gestuur sal word. Sy het ook gesê nog hulp is van Swapo en ander partye onderweg.

“As ‘n regering van die Swapo-party sal ons ons bes doen om hierdie brande te takel. Inteendeel moet ons daaraan werk om informele nedersettings in dorpe uit te wis. Ons kan dit net bereik deur as inwoners van die land saam te werk.”

Sommige van die inwoners wat deur die naweek se brand geraak is, sê die verklaring deur die Walvisbaaise munisipaliteit is verkeerd dat net 80 plakkershutte verwoes is.

“Ons is byna 200 mense hier. Dink hulle ons speel deur hier te wees? Dit is omdat ons swaarkry, dit is hoekom ons hier is. Ek werk nie, hoe kan ek huur bekostig? Ons sou nie hier gewees het as ons enige ander keuse gehad het nie,” het ‘n inwoner gesê. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 16° | 36° Rundu: 18° | 37° Eenhana: 20° | 38° Oshakati: 21° | 37° Ruacana: 20° | 38° Tsumeb: 21° | 35° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 22° | 37° Windhoek: 19° | 34° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 02:48, High tide: 09:42, Low Tide: 16:12, High tide: 22:29 Swakopmund: 14° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:40, Low Tide: 16:10, High tide: 22:27 Walvis Bay: 15° | 28° Wind speed: 39km/h, Wind direction: SW, Low tide: 02:46, High tide: 09:39, Low Tide: 16:10, High tide: 22:26 Rehoboth: 19° | 35° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 29° Ariamsvlei: 24° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 37° Lubumbashi: 18° | 32° Mbabane: 16° | 32° Maseru: 16° | 33° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 20° | 30° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 19° | 34° Cape Town: 14° | 23° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 20° | 33° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 19° | 31° Harare: 16° | 29° #N/A #N/A