Naomi wil graag skool klaarmaak
Naomi Swartz (18) wil graag dié jaar weer agter ’n skoolbank inskuif.
Sy het verlede jaar ná haar oupa se dood nie haar skooljaar voltooi nie.
Sy moet nou in Rehoboth skoolgaan en van vooraf vriende maak en aan die omgewing gewoond raak.
Haar ouma Katrina Swartz woon in die Senior Park-ouetehuis.
“Ek het in September verlede jaar hiernatoe getrek en ons kinders of kleinkinders mag nie hier by ons woon nie. Ek het dus plek vir Naomi by die Hoërskool Vooruitsig op Rehoboth gekry. Hulle het ’n koshuis op die skoolgronde en dit is baie veilig.”
Ná haar biologiese ma in 2012 dood is en nou haar oupa, het Naomi net nog haar ouma oor.
“Ek en haar oupa het haar ingeneem toe sy drie weke oud was en haar grootgemaak. Sy het haar ma as haar suster gesien en my en my man as haar ma en pa.
“Die probleem is dat ek net van my staatspensioen leef. Ek moet huur, water en elektrisiteit daarmee betaal en dan moet ek nog kos koop. Ek kan nie nuwe skoolklere en skoolbenodighede, soos onder meer die skoolfonds, wetenskaplike sakrekenaar en hardebandboeke met my pensioengeld bekostig nie.
“As sy eers by die skool is, kan ek geldjies bymekaar maak en dan vir haar toiletware en sakgeld stuur. Ek kan met baie min oorleef, maar sy moet skool klaarmaak.
“As daar dalk enigiemand is wat my kan help net om haar by die skool in te kry, sal ek baie dankbaar weer. Die skool het gesê hulle sal haar plek tot die einde van die maand hou.”
“Ek wil baie graag skool klaarmaak en dan ’n polisievrou word en my ouma help,” het Naomi gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie