Ndinandali Farms wen Food Waste Challenge

Kristien Kruger,Frank Steffen,Yolanda Nel,Tanja Bause
Yolanda Nel – Ndasilohenda Katangolo-Nakashwa van die plaas Ndinandali op Opuwo is as die wenner van die tweede fase van die Capricorn Foundation se Food Waste Challenge aangewys.

Sy het ’n unieke benadering ontwikkel om die voedingstowwe in vars produkte tydens die Covid-19-pandemie te preserveer.

“Ndinandali Farm is ’n baanbrekerslandbou-onderneming wat fokus om die voedingswaarde van vars produkte te behou wat die raktyd verleng. Dit lei tot gepreserveerde produkte wat die oorspronklike smaak, voedingswaarde en kwaliteit behou,” het sy vroeër gesê.

Ndasilohenda het tydens die oorhandigingsgeleentheid gesê hulle oes tans met die hand, wat baie mannekrag, tyd en energie verg.

“Hierdie finansiële inspuiting sal ons in staat stel om ’n snyer en ’n droër te koop,” het sy gesê.

’n Snyer sal oestyd verkort en ’n droër sal ook die tyd wat dit neem om die groente uit te droog, verminder.

“Die feit dat ons ’n vennoot in Synergi het om te help om ons handelsmerk te verfris en te bemark, gaan ons ’n reusehupstoot gee,” het sy gesê en bygevoeg dit is gerusstellend om te weet sy het iemand wat haar kan help wanneer sy met haar besigheid se bemarking sukkel.

Sy stap weg met ’n kontantprys van N$100 000 van Capricorn Foundation, ’n prys van N$50 000 van Synergi om bemarkingsinisiatiewe te bevorder, en Business Box verskaf ses maande se opleiding. Terwyl sy en haar span nog ’n kleinskaalse besigheid is en net groente uitdroog wat nie by die plaaslike mark verkoop word nie, hoop sy om haar produkte eendag in ’n kettingwinkel te sien.

“Sal dit nie iets wees nie?”

Ndasilohenda het planne om saam met haar medefinaliste te werk.

“Ons kan almal saamwerk om ons besighede te bevorder,” het sy gesê en bygevoeg dat diegene wat kunsmis produseer, haar kan help om die gehalte van haar grond te verbeter terwyl haar mede-entrepreneur met die voedselsentrum-toepassing kan help om haar produkte te versprei.

“Dit is wonderlik om te weet ons kan mekaar positief beïnvloed.”

Marlize Horn van die Capricorn Group sê dit was wonderlik om al die finaliste se passie te sien.”

“Ons is opgewonde om te weet dat soveel entrepreneurs besig is om voedselvermorsing uit te skakel, seker te maak dat geen Namibiër honger gaan slaap nie en om die kwessie van werkloosheid te takel,” het sy gesê.

Die Capricorn Foundation-span is reeds besig om volgende jaar se kompetisie te beplan.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!