’Niks het in 33 jaar verander’
Drie werklose vroue wat in die informele nedersetting Kilimanjaro in Windhoek woon, het oor onafhanklikwording gesels en hoe dit hul lewens beïnvloed.
Nahambo Mathews (33) ma van ses, Ester Angula (33) en Maria Likuwa (30), beide ma’s van twee, is almal deel van die sogenaamde Born Free-geslag wat ná onafhanklikwording gebore is.
Almal was dit eens dat hulle baie bly is oor die vryheid en vrede wat hulle in ’n onafhanklike land geniet. Die vroue se grootste wens is dat hulle kinders gehalte-onderrig ontvang sodat hulle hul eie lewens kan verbeter.
“Ek probeer my bes sodat my kinders goeie onderrig kan kry, maar die gratis onderwys wat ons in die land het, is glad nie gratis nie. Ek sukkel elke jaar om die skoolfonds te betaal. Dit is ook nie net dit nie. Die skool eis kort-kort ’n bydrae; N$22 hier en N$7 daar. Dit is vir afrolpapier, kryt, skottelgoedseep of kos vir ander kinders. Ons, die gemeenskap, betaal vir gratis onderwys,” het Angula gesê.
Dit is volgens die vroue nog bo en behalwe die skryfbehoeftes – van ’n potlood tot ’n oefeningboek – wat elkeen moet koop.
“Verlede jaar het ek nie genoeg geld gehad nie. Drie van my kinders is in die skool en dit kos my N$1 650 aan skoolgeld. Daar word vir my kind gesê om die geld te bring. Dus moet ek ’n plan maak, want ek wil die beste onderrig vir my kinders gee sodat hulle nie in dieselfde situasie as ek beland nie.
“Toe ek op skool was, het ons die skryfbehoeftes gekry. Nou dat dit gratis is, moet ons dit self koop. As dit nie verander nie, sal die toekomstige geslagte sonder onderrig op straat beland in ’n vry land,” het Mathews gesê.
Volgens Angula het die regering geen idee wat in die informele nedersettings aangaan nie.
“Hulle kom net wanneer dit stemtyd is en maak klomp beloftes wat hulle nog nooit nagekom het nie. Ek woon nou al vir nege jaar in Kilimanjaro en ek het al baie beloftes gehoor, maar nog niks gesien nie.”
“Ek is hier in my ma se sinkhuis gebore en in 33 jaar het niks verander nie. Ek is so oud soos die land onafhanklik is, maar dit beteken niks vir my nie, want ons het nog steeds nie water, krag of toilette nie.
“Ons wil net die basiese goed hê. Ons kinders word groot en moet deur dieselfde goed as ons gaan. Ek het gedink dinge sal verander en hulle sal die lig kan aansit, die kraan oopdraai en op ’n toilet kan sit.
“Orals sien jy ontwikkeling, maar nie by ons nie. Hulle moet net arm bly soos hulle ma’s en oumas. Hulle behoort die lig aan te sit, op die toilet te sit en die kraan oop te maak; dit is immers al 33 jaar later,” het Mathews gesê.
Die drie vroue is opgewonde oor die vooruitsigte van ’n vroue-president.
“Sy is ook ’n ma en ouma en ek dink nie ’n ma sal toelaat dat haar huis ongelukkig is nie,” het Mathews gesê.
“Ons is opgewonde om te sien watter verandering sy sal bring. Wat gaan sy anders doen as die vorige drie,” het Angula gesê.
“Sy ken die pyn as ’n ma wanneer jy nie genoeg kos vir jou kind het nie en die kind honger is. Sy ken die gevoel wanneer jy as ’n ma ekstra hard moet werk om jou kind te voed. Ek dink sy sal harder as die vorige presidente werk sodat sy nie soos hulle geblameer word as goed nie werk nie,” het Likuwa gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie