Nood loop hoog in gemeenskap

Tanja Bause
Die primêre skool het so pas vir die dag verdaag en talle kinders hardloop huis toe. Die klere word vinnig uitgetrek en die plastiekbakkie gegryp.

Die kleiner boetie of sussie word aan die hand gegryp en die stormloop na Faizah and Rhode’s Helping Hands and Soup Kitchen op Groot Aub begin.

By die sopkombuis staan reeds talle kinders voor die hek en wag vir hulle beurt om ’n skeplepel vol heerlike sop te ontvang.

Die kinders word in kleiner groepe van vyf seuns en vyf meisies by die hek ingelaat. Dan staan hulle in ’n ry en wag geduldig dat hulle hul plastiekbakkie en brood terugkry voordat hulle die erf verlaat en plek maak vir die volgende groep.

Intussen kom daar ook talle bejaardes uit alle rigtings aangestap. Geduldig sit hulle buite en wag – met die hoop dat daar vir hulle ook ’n grieseltjie oor sal bly.

“Dit gaan moeilik en ons sukkel om twee keer per week kos aan die mense te gee. Ons gee Woensdae en Saterdae kos vir sowat 450 kinders en 50 volwassenes,” het Charmaine Joseph gesê.

Die sopkombuis is in 2019 deur die toe 14-jarige Faizah Joseph begin. Sy het die armoede onder haar skoolvriende gesien en begin om ekstra toebroodjie skool toe te vat.

“Sy het later begin om macaroni te koop en dit aan die kinders in die buurt uit te deel en toe het sy en haar suster die sopkombuis begin. Hulle het met 200 kinders begin.

“Die nood in Groot Aub neem egter toe en alhoewel ons graag kos vir meer kinders wil gee, kan ons nie omdat ons heeltemal op skenkings afhanklik is. Die meeste van die skenkings kom van Windhoek omdat die mense hier op die dorp net te arm is. Ons is dankbaar vir elke skenking wat ons in staat stel om nog ’n maaltyd vir die kinders en ou mensies te kan gee.”

Charmaine sê daar daag elke keer meer en meer kinders op.

“Ons kan egter nie nog kos uitdeel nie. Dit is baie moeilik en hartseer wanneer ’n kind by die draad staan en vra: ‘Antie, is daar nie ’n stukkie brood nie?’ en jy weet die brood is op en die potte is leeg.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!