Nou spitstyd vir slange
’n Reusebehoefte bestaan tans vir gekwalifiseerde slangvangers in Windhoek.
In 2018 was daar ses slangvangers en nou is daar net drie oor.
Volgens Koos Henn, een van dié drie slangvangers, is dit tans ook spitsseisoen vir slang-mens-konflik.
“Ons werk gedurende die dag en kan nie by alles uitkom nie. Ná werk is dit ’n ander saak, maar dit sal net beter wees as ons nog mense kan oplei. Belangstellendes kan ons kontak. Die persoon sal gratis opgelei word en ons sal die toerusting verskaf.”
Francois Theart het in 2018 vir Henn geleer om slange te vang. Hy is sedertdien deel van die groep Snakes of Namibia.
Dit is ook ’n groep op Facebook waar mense inligting oor slange kan kry en deel.
Die boek My First Book of Namibian Snakes deur Francois Theart en dr. Christo Buys is nie net propvol inligting nie, maar die fondse wat uit die boek se verkope genereer word, gaan aan Snakes Of Namibia waar dit vir opleiding en bewaring gebruik word.
“As ons ’n persoon in die gemeenskap oplei, dan gee ons die toerusting aan hulle. Ons vang slange gratis. Ons vra nie ’n fooi nie, maar ons aanvaar wel skenkings as iemand geld wil gee.
“Ons kan nie geld vra nie aangesien mense wat nie sulke dienste kan bekostig nie, ons nie sal kontak nie. Hulle sal probeer om die slang self dood te maak. Die meese slangbyte kom voor wanneer mense probeer om slange self te vang en gevolglik misluk.”
Henn sê dit is ’n mite dat slange mense aanval. Die slange voel net bedreig en probeer wegkom.
“Elke spesie reageer anders as hulle bedreig voel. ’n Kobra staan regop, ’n mamba maak sy bek oop, ’n pofadder trek sy lyf terug en ’n spoegkobra spoeg.
“Hulle probeer eintlik net ontsnap en as hulle wegseil, dan seil hulle en as dit tussen jou bene deur is, dan is dit so.”
Henn vra dat mense wat ’n slang in hul huis of erf sien kalm moet bly en die slang dophou.
“Wanneer ons dan kom, kan hulle net sê die slang is hier of daar en ons kan hulle veilig verwyder en in die natuur vrylaat. Dit help nie iemand kontak ons en sê hier was gister ’n slang nie. Hulle het al lankal aanbeweeg.
“Ná elke slang wat ons vang, gee ons vir die mense ’n kort inligtingsessie oor die spesifieke slang. Om mense in te lig en op te lei is baie belangrik.”
Volgens hom begin sekere slangspesies in Augustus aktief raak. Ná die eerste reën kom meer spesies. Ná elke reënbui is dit spitstyd vir slange. Wanneer die son ná die reën uitkom en die prooi rondbeweeg, kom hulle ook uit om in die son warm te word en te jag.
“Spitstyd is in Desember, Januarie en Februarie en dan neem slanggetalle in April af namate dit koeler raak.”
GRYSBLOK
Slangvangers landswyd:
WINDHOEK
Koos Henn 081 447 9117
Chris du Plessies 081 577 9680
Gerinomo Smith 081 699 6638
ELISENHEIM
Marco Peters 081 657 7695
OTAVI
Alex Singleton 081 394 0174
OTJIWARONGO
Francois Brand 081 495 7894
KATIMA MULILO
Curt Sagell 081 129 2911
KUS
Sean Naude 081 232 2948
GROOTFONTEIN
Michael Detering 081 821 6404
GROEPLEIER EN KENNER
Francois Theart 081 290 0343

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie