Nuwe baadjie vir bushalte
‘Mense is regtig wonderlik’
Kat Stahl en Wynand Lens het onlangs nuwe lewe in 'n bushalte in Klein Windhoek geblaas.
Ongeveer twee jaar nadat Kat Stahl en Wynand Lens ’n substasie langs Dr. Kwame Nkrumah-straat in die hoofstad opgehelder het, het die duo weer gewys hul verfkwasse staan vir niks verkeerd nie.
Stahl en Lens het onlangs ’n bushalte in dieselfde straat opgeknap en sê hulle hoop om dit in die toekoms weer te doen.
“Ons het so baie verby die lelike substasie gery en moeg geraak om die heeltyd te sê iemand moet iets daaraan doen. Ons het een naweek besluit die ‘iemand’ gaan ons wees. Soms is dit net beter om op te hou kla en self iets daaraan te doen.
“Dit het ’n paar naweke geneem om die substasie te verf, en die bushalte het al hoe leliker begin lyk in vergelyking met die volkleurige substasie,” het Stahl gesê.
Sy sê hulle was nogal senuweeagtig om die projek aan te pak.
“Ons was bekommerd ons word weggejaag, maar elke voertuig wat gestop het, het bevestig dat dit ’n mooi gebaar is en mense daarvan hou.
“So baie mense het ons gemotiveer, en ons is dankbaar vir almal wat ons aangemoedig het. Ons het self vir alles betaal, en ons was dankbaar vir diegene wat verf, ’n geldnoot of selfs ’n koue bier bygedra het. Mense is regtig wonderlik!”
Stahl sê hulle het reeds toekomstige projekte ingedagte.
“Dit was so veel pret en ons het dit so geniet, en as die tyd en geld genoeg is wil ons graag aangaan. Ons het ’n paar substasies in ons visier,” sê sy.
Wanneer Stahl en Lens nie substasies en bushaltes opknap nie, pendel hulle tussen Duitsland en Namibië.
“Ons bly die helfde van die jaar in Berlyn en die ander helfde in Namibië. Ek is van Duitsland af en gee Duits. Wynand is ’n ontwerper van rekenaarspeletjies.
“Beide van ons is geseënd om aanlyn te werk, en dus kan ons van enige plek in die wêreld werk. In ons vrye tyd hou ons daarvan om kuns te skep en die wêreld ’n bietjie mooier, en hopelik ’n bietjie beter te maak,” sê Stahl.
Sy sê: “Die wêreld is rêrig ’n wonderlike plek, maar dit is steeds maklik om oor dinge te kla. Ons weet ons kan nie alleen al die slegte dinge in die wêreld regmaak nie, maar as jy ’n bietjie liefde aan mense, diere en die natuur betoon, kan ons saam die wêreld verbeter. En jy mag maar klein begin.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie