Nuwe baadjie vir Henties se waterglyplank beoog
’n Storm is in die sosiale media ontketen toe gerugte die ronde gedoen het dat Hentiesbaai se gewilde waterglyplank, bekend as die Supertube, tydens die feesseisoen gesluit sou bly.
’n Tender is intussen verlede Vrydag aan mnr. Coenie Steyn toegeken vir die toekomstige bestuur van dié ontspanningsgeriewe.
Steyn het oor sy planne uitgebrei en verduidelik hy hoop om reeds volgende maand seker aktiwiteite aan vakansiegangers oop te stel.
“Die Supertube het baie aandag nodig, maar ek wil kyk om twee van die swembaddens in orde te kry en hoop om springkastele en ’n mallemeule op te rig, sodat die mense steeds hulself kan geniet,” het hy gesê.
Steyn sê ook sy planne behels om die area rondom die waterglyplank in ’n volwaardige pretpark te omskep.
“Die glyplank moet uitmekaar gehaal en oorgebou word. Ek wil ook graag ’n putt-putt-baan en go-kart-baan bou en ’n koffiewinkel vir die ouers.”
Hy sê hy beoog ook om die bopunt van die glyplank meer toeganklik vir besoekers te maak.
Hy sê hy sal vroeg volgende jaar met opknappingswerk en bouwerk begin met die doel om teen Desember 2023 gereed vir besoekers te wees.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie