Nuwe hoofstuk vir oudskoolhoof
’n Sentrum waar jong atlete bemagtig word om uit te blink in beide sport en akademie – dit is die doelwit van Krieket Namibië se splinternuwe sport- en leierskapsentrum (NSLC).
Daar is niemand meer geskik om die leisels van hierdie inisiatief te neem as die oudskoolhoof en sportliefhebber, Hawie Engels.
“Vir my is dit ’n nuwe hoofstuk. Ek was vir 12 jaar skoolhoof by Windhoek Hoërskool en nog twee jaar betrokke by die skool met mentorskap, opleiding en kursusse. Toe hierdie ding met Krieket Namibië oor my pad gekom het, was dit ’n lekker uitdaging vir my.
“Ek is uit die aard van die saak baie lief vir sport. Ek glo sport is deel van die ontwikkeling van kinders. Die ander deel, saam met sport, is onderrig en ek glo dit is ook ’n belangrike deel van die opvoeding van ons kinders,” vertel Engels.
Die sentrum sal eerskomende Maandag begin met leerlinge wat vir afstandonderrig ingeskryf het en dit onder toesig sal begin doen. Die amptelike opening van die sentrum is egter eers vir April geskeduleer.
“Die NSLC sal fokus op leerlinge vanaf graad 8 tot 12 wat aanlyn onderrig volg. ’n Holistiese benadering sal onderrig met intensiewe sportopleiding en leierskapontwikkeling kombineer,” verduidelik Krieket Namibië op sy webtuiste.
Leerlinge sal sportspesifieke oefening, gestruktureerde akademiese sessies onder toesig, gimnasiumsessies en leierskapontwikkeling ontvang wat aangevul sal word met spandeelname by skole of klubs.
“Die daaglikse skedule sal hierdie elemente balanseer om te verseker dat elke atleet die afgeronde ondersteuning ontvang wat hulle nodig het om sukses te behaal.”
ENGELS AAN DIE STUUR
Die bestuur van die sentrum is in die bekwame hande van Engels oorgelaat. Hy is ’n bekende in onderwyskringe, ’n kenner in persoonlike ontwikkeling en self ook ’n voormalige atleet.
Engels het vanaf 2011 tot 2022 as skoolhoof van Windhoek Hoërskool gedien voor hy afgetree het. Hy het Namibië verteenwoordig op junior en senior vlak in beide rugby en atletiek.
Sy loopbaan het ook kommersiële opleiding, spanbou, mentorskapprogramme en motiveringspraatjies ingesluit.
“Engels se uitgebreide ervaring sal help om die NSLC se unieke aanbiedinge en hoëprestasiekultuur te vorm,” meen Krieket Namibië.
Engels sê daar is soveel Namibiese atlete wat die land op internasionale vlak in verskeie sportkodes verteenwoordig en dat dié sentrum hulle “fleksietyd” sal gee om sport en akademie ten volle aan te pak.
“Dit is ’n wonderlike voorreg om saam met Krieket Namibië by ons jong sportsterre betrokke te raak. Ek sien uit na die res van die jaar,” het Engels aan Network Media Hub (NMH) gesê.
Leerlinge en ouers kan tussen verskeie diensverskaffers van aanlyn onderrig kies wat die CAPS-, Cambridge en IEB-kurrikulums aanbied. Dit sluit in Teneo School, Cambrilearn en Brainline.
Ouers wat belangstel, kan [email protected] kontak vir meer inligting.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie