Riruako
Riruako

Nuwe opperhoof op Otjimbingwe verkies

Hoze Riruako is neef van ontslape Kuaima Riruako
Die leier van Popular Democratic Movement (PDM) het die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) verseker hy gaan nie die uitslag van die verkiesing betwis nie.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – McHenry Venaai, leier van die Popular Democratic Movement (PDM) wat vroeg gisteroggend onsuksesvol in die verkiesing tot opperhoof was, het die OvaHerero Tradisionele Owerheid (OTA) die versekering gegee dat hy nie die uitslag van die verkiesings gaan betwis nie.

Politieke leiers Venaani en Mike Kavekotora het die verkiesing teen die akademikus Hoze Riruako verloor wat ook die neef van die ontslape Kuaima Riruako is.

Venaaņi, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die verdeling en versplintering wat hoogty in die OvaHerero-gemeenskap vier, sê hy beskou die pasafgelope verkiesing as ’n regverdige proses.

“Ek verbind myself tot die verkiesingsproses wat plaasgevind het. Geen van my voornemens is om hof toe te gaan en die prosesse te ondersoek nie. Geen regsverteenwoordigers of briewe gaan Maandag te voorskyn kom nie. Ek het regverdig verloor,” het Venaani gesê.

Volgens hom sou hy nie in die verkiesing gestaan het, as dit nie vir die diepe verdeeldheid was wat die OTA teister nie.

Hy het ’n beroep op Riruako gedoen om ’n vredemaker te wees en ’n hand van vrede uit te reik na sy mense en om respek vir mekaar aan te moedig.

Kavekotora het op sy beurt gesê die OvaHerero moet terugkeer na die volk se ou manier van leef en boer om ’n volhoubare inkomste en rykdom te skep.

“Ons is te verdeel vir politieke redes, vir honger en alle ander sleutelkwessies. Die regerende party praat net oor die kwessie van voorvaderlike grond. Ek wil hê die Herero’s moet verstaan hul ontwikkeling is alleenlik hul verantwoordelikheid,” het hy gesê.

Verdeling in die OTA het verdiep met ’n faksie gelei deur professor Mutjinde Katjiua wat verlede jaar hoofman Vipura Kapuuo as voorsitter van die raad van hoofmanne geskors het. Dit het ook die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, van inmenging beskuldig. Kort hierna het die hoërhof ’n dringende aansoek deur Katjiua en sy faksie van die OTA van die hand gewys. Volgens die uitspraak het Katjiua geen locus standi om Kapuuo te stop om as voorsitter die sake van OTA te hanteer nie.

Volgens Kapuuo dikteer die OvaHerero se gewoontereg, tradisie en protokol dat die voorsitter van die raad van hoofmanne die waarnemende opperhoof van die OvaHerero tradisionele gemeenskap met die sterfte van ’n opperhoof word.

Katjiua, die regterhand van die ontslape Ombara Otjitambi advokaat Vekuii Rukoro, is in Desember 2021, ses maande ná sy aanwysing as voorsitter van die OTA-oorgangskomitee op Onderombapa in die Aminuis-distrik as opvolger aangewys.

Intussen duur verskille oor die kapteinskap steeds in die hoërhof voort.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!