NVV vier 70ste bestaansjaar
Vereniging hou streekkonferensie op Grootfontein
Gedurende die konferensie het vroue van Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai, Otjiwarongo en Grootfontein bymekaargekom om in die verskillende kompetisies mee te ding.
Die Namibiese Vrouevereniging (NVV) se streekkonferensie met die tema “Van toeka tot nou”, is vanjaar op Grootfontein aangebied, terwyl die vereniging ook sy 70ste bestaansjaar tydens die geleentheid gevier het.
Die Grootfontein-tak is deel van die NVV se sogenaamde Toermalynstreek.
Die NVV is ‘n organisasie wat daarna streef om Namibiese vroue se kreatiwiteit in verskillende studievelde te stimuleer en terselfdertyd tred met moderne tye te hou. Die NVV se president, Hermien van den Berg, staan aan stuur van dié groot aansporing- en ondersteuningsnetwerk.
Die konferensie het op 22 en 23 April by Seiderap-gastehuis op Grootfontein plaasgevind.
Gedurende die konferensie het vroue van Walvisbaai, Swakopmund, Hentiesbaai, Otjiwarongo en Grootfontein bymekaargekom om in die verskillende kompetisies mee te ding – wat naaldwerk, gebottelde items, fotografie en handvlyt (skilderkuns) ingesluit het.
Daar was ook meegeding met items soos gebak – anysbeskuit asook tuinbou – die skep van feëtjietuine.
Bakpro het die bakkompetisie geborg en het vanjaar lede uitgedaag om ‘n rooifluweelkoek te bak.
Terwyl vroue tydens die geleentheid kans gehad het om aan verskillende kompetisies deel te neem, is lede met hul aankoms met ‘n uitstappie na Grootfontein se museum verras. Hier het hulle ‘n “oorlewingsboksie” ontvang om deur die museum te kom en die bestuur het hulle die interessante geskiedenis van die dorp vertel.
Die vroue is daarna terug na die gastehuis, waar elke tak hul talent kon ten toon stel deur ‘n item volgens die tema voor te dra.
WENNERS
Tydens die dinee is die Toermalynstreek as Bakpro-wenners aangekondig, wat deurdring na die NVV se kongres in September, waar die algehele Bakpro-wenner van die jaar aangekondig sal word.
Die streek se wenners was Grootfontein se Christine van Wyk in die eerste plek, Jackie Koorts (ook van Grootfontein) tweede en Esmé du Plessis van Hentiesbaai in die derde plek.
Die wenner in die gebottelde Piccalilli-kompetisie was Grootfontein se Christine van Wyk, terwyl Estelle Smit van Hentiesbaai die skilderkunskompetisie gewen het. Van Wyk het ook die fotografie-kompetisie gewen en Elmarié Vorster van Otjiwarongo die masjienoortreksel-kompetisie.
Die wenners wat 75% behaal het, dring deur na die NVV-kongres in September in Windhoek, waar lede van oraloor Namibië met hul wenartikels saamtrek en meeding vir ‘n algehele eerste plek.
Kompetisies wat deur die Grootfontein-tak self aangebied is, se wenners lyk soos volg: Duif Coetzee van Swakopmund en Susan Coetzee van Otjiwarongo deel die eerste plek vir die mooiste feëtjietuine, terwyl Otjiwarongo se Amanda Cohen die eerste plek vir die beste beskuit ingepalm het.
Die lid wat die meeste punte tydens die streekkonferensie behaal het, was Grootfontein se Christine van Wyk, terwyl Swakopmund die meeste algehele punte behaal het. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie