Okahandja se inwoners ruk op na die hoofstad
“Nou begin die geveg.”
Só sê mnr. Sethy Gariseb, ’n gemeenskapsaktivis.
Volgens Gariseb is die inwoners van Okahandja se nedersettings moeg om vir verbeterings in die dorp te wag en is in oproer oor hul eens pragtige “Tuindorp”
Die gemeenskapslede het geld ingesamel om ’n bus te huur en het die nodige polisietoestemming verkry om vandag na Windhoek op te ruk. Hul doelwit is om ’n optog na die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling te hou om hul griewe te lug.
“Ons dien klagskrifte by die munisipaliteit in, maar hulle antwoord nooit. Hulle herhaal elke keer net dieselfde storie, en so word hulle vervang en dan begin die proses net van vooraf. Ek het grootgeword met dieselfde storie,” sê hy.
“As dit kom by verkiesingstyd is ons wettig, maar na die verkiesing is ons weer onwettig. Ons is moeg daarvoor om onwettig genoem te word. Ons is Namibiërs in ons eie land,” dring hy aan.
“Dit help nie of die leiers daar is of nie; Okahandja bly dieselfde. Die minister moet ingryp en druk toepas dat dinge vinnig begin verander,” sê Gariseb.
Die inwoners vra in die klagskrif vir onder meer eienaarskap van die grond waarop hulle bly, die voorsiening van rioolgeriewe en toegang tot elektrisiteit.
Vrywilligers en gemeenskapslede het verlede jaar daarin geslaag om ’n sloot vir ’n waterpyplyn te grawe. Die pyplyn verskaf tans water aan twee waterpunte.
“Ons moet steeds die riviere as toilet gebruik, waar dit onhigiënies en onveilig is. Ons kinders moet steeds in die donker studeer en skool toe stap. Hoekom moet ons smeek vir dienste waarvoor ons betaal. Ons is bereid om die dorpsraad tegemoet te kom omdat ons in nood verkeer,” sê hy.
Gariseb het reeds navraag by Cenored gedoen en die kragverskaffer is bereid om elektrisiteit na die gemeenskappe te bring, maar die grond behoort aan die munisipaliteit wat bloot nie reageer nie.
Hy moedig almal wat in nedersettings bly om by die optog aan te sluit en saam aan te dring dat oplossings gevind word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie