Die gemeenskapsaktivis, mnr. Sethy Gariseb (bont hemp), sê verlede maand se optog het niks opgelewer nie. Foto Augetto Graig
Die gemeenskapsaktivis, mnr. Sethy Gariseb (bont hemp), sê verlede maand se optog het niks opgelewer nie. Foto Augetto Graig

Okahandja se vrae bly onbeantwoord

Versoek aan minister lewer niks op
Die inwoners van nedersettings in Okahandja sê hulle sal self dienste aanlê – as hulle mag.
Augetto Graig
Inwoners van Okahandja se nedersettings dring aan op ontwikkeling en soek antwoorde of selfs net reaksie vanaf die dorpsraad en munisipale leiers wat hul bloot ignoreer, sê die gemeenskapsaktivis, mnr. Sethy Gariseb.

Hy het verlede maand lede van sy gemeenskap vergesel om ’n klagskrif aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, by die ministerie se kantoor in die hoofstad te oorhandig. Die klagskrif het vir Uutoni se ingrype in die munisipaliteit van Okahandja se sake gevra.

Ten spyte van die minister se belofte dat hy Okahandja se leierskap sou kontak en ’n vergadering tussen die dorpsraad en die inwoners sou aanvra, sê Gariseb het hul kwessies nog nie aandag geniet nie.

“Niemand het gebel nie. Daar was geen vergadering na ons laaste optog nie.”

’n Vergadering is wel belê om die gemeenskap in te lig oor ’n projek van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust) om nommers op hul huise te verf.

Volgens mnr. Erastus Nambenga, ’n lid van die groepskomitee, het hulle reeds in Februarie hul huise self genommer en opname gedoen van meer as 4 000 wonings in Vergenoeg, Oshetu Een en Twee, en ander woonbuurte noord, wes en suid van Okahandja se middedorp.

Die gemeenskap het ook verlede jaar slote gegrawe om die eerste nabygeleë waterpunte aan te lê.

“Ons wil hê iets moet gebeur. Wanneer kry ons eienaarskap?” wil hy weet.

Gariseb sê die gemeenskap is reg om vir hulself te sorg.

“Gee ons die reg om ons eie grond te diens, om droë toilette te bou en ligte op te sit,” sê hy.

“As hulle ons nie wil help nie, sal ons die wet volg en dit vir onsself moet doen.”

Nambenga vertel van die omstandighede waaronder die gemeenskappe lewe: “Laas week is drie vroue met messe gesteek, omdat hulle die rivierbedding moes gaan gebruik.

“Mense wat vroeg werk toe moet gaan, word beroof. Kinders kan nie met kerslig studeer nie. Daar bly steeds mense by die stortingsterrein, wat die munisipaliteite steeds nie kan verskuif nie. Wie sal Okahandja terugbring na die tuindorp wat hy was?”

“Ons vra die minister moet in te gryp of ons sal hom oorslaan en ander stappe neem. Ons sal terugkom, weer en weer. Ek het niks met politiek te doen nie, maar ek staan op vir die ou mense en hierdie keer sal ons nie nederig wees nie,” sê Gariseb.

“Ons soek grond en ons sal nie stop nie. Dit is ons grondwetlike reg om grond te kry,” sê Nambenga.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!